Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 16 Mei

As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenie bekommerd wees nie! Hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure.

Rob Packham
Rob Packham vandag in die hof. Foto: Jaco Marais

1. Packham: 'Ons is lief vir jou', sê dogters

“Ons is lief vir jou.” Só het Kerry en Nicola Packham, dogters van die moordbeskuldigde Rob Packham (58), Donderdag vir hom gesê.

2. Cyril se inhuldiging ‘kos R100 miljoen minder’

Die inhuldiging van pres. Cyril Ramaphosa op 25 Mei op Loftus Versfeld in Pretoria sal “meer as R100 miljoen minder kos” as die vorige inhuldiging van oudpres. Jacob Zuma.

3. Repokoers: Reserwebank luier dalk vir eers

Die Reserwebank gaan dalk vir eers net die rentekoers-bus uit rat uit laat staan en luier, maar mense met skuld moenie houtgerus raak nie.

4. Terreur: VSA nie deel van Christchurch-veldtog

Amerika gaan in opdrag van pres. Donald Trump nie deel word van die Christchurch-oproep tot Aksie nie waarvolgens wêreldleiers en sakemanne in die tegniese beroepsveld ’n belofte gemaak het om die gebruik van sosiale media vir terreurdade te beëindig.

George (Org) Viljoen en sy verloofde, Elize van Zyl.Foto: Facebook

5. Verloofde vertel van pyn ná boer onder trekker sterf

Die verloofde van ’n boer wat Woensdag op sy plaas buite Wolseley in ’n fratsongeluk gesterf het, het hom beskryf as ’n hardwerkende en liefdevolle man wat ongelooflik baie gemis sal word.

6. Rafa 'skort respek’, Novak het glo ‘siek obsessie’

Nick Kyrgios beskryf Rafael Nadal as ’n swak verloorder, die Spanjaard se oom Toni as ’n “idioot” en sê Novak Djokovic het ’n “siek obsessie” daarmee dat mense van hom moet hou.

7. Vrou (78) roep ure lank om hulp ná rooftog

’n 78-jarige vrou van Port Elizabeth het minstens ses uur lank vasgebind op gras gelê en om hulp geroep nadat sy deur rowers vasgebind is.

8. SA siekes drink net helfte van die tyd hul pille

’n Groot persentasie mense op chroniese medisyne vul nie elke maand hul voorskrif nie, wys Dis-Chem se jaarsyfers.

9. Saray Khumalo bereik kruin van Everest

Die Johannesburger Saray Khumalo het in die vroeë oggendure van Donderdag (Suid-Afrikaanse tyd) die kruin van die berg Everest bereik.

10. EFF en DA bespreek magsdeling, sê Malema

Die EFF het bekend gemaak dat dié party en die DA in twee Gautengse metropolitaanse munisipaliteite oor magsdeling onderhandel.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.