Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 17 Oktober 2019

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag, 17 Oktober 2019. 

1. Ninow lewenslank tronk toe

Nicholas Ninow (21), die Dros-verkragter, is Donderdag lewenslank tronk toe gestuur.

ninow
Nicholas Ninow (21), die Dros-verkragter, verskyn in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2. Gr. R-leerling sterf nadat sy verkrag is

’n Man verskyn na verwagting Donderdag in die hof nadat hy na bewering twee weke gelede ’n gr. R-meisie verkrag het.

3. Video op porno-blad glo dié van Bishops-onnie

’n Eksplisiete video van ’n kaal vrou op ’n bed is op ’n bekende gratis pornografiewebtuiste gelaai onder die naam Fiona Viotti (30), die onderwyseres wat onlangs bedank het te midde van ’n seksskandaal.

4. Bok-span: Rassie laai bank met voorspelers

Kommunikasie sal volgens Herschel Jantjies Sondag een van die Springbokke, wat dieselfde 23-tal wat teen Italië gespeel het vir die Wêreldbeker-kwarteindstryd behou het, se grootste uitdagings teen Japan wees.

Malcolm Marx sal Sondag van die plaasvervangersbank af impak op haker wil maak. Foto: Getty Images

5. Woolies onttrek sak wat lyk soos ou SA vlag

Woolworths het bevestig hy het ’n drasak uit al sy winkels verwyder waarvan die kleure sterk aan die ou Suid-Afrikaanse vlag van die apartheidsera herinner.

6. KYK: Naels kom uit in boetiek – ‘Gaan skree vir jou f****n ma’

“Gaan skree vir jou f****n ma. Uit!” ’n Video van die eienaar van ’n naelboetiek in die Eastgate-winkelsentrum in Bedfordview aan die Oos-Rand en haar werknemer maak opspraak op sosiale media.

7. SAUK kanselleer ‘Top Billing’ ná 25 jaar

Ná 25 jaar op die kassie het die SAUK die gewilde leefstylprogram Top Billing glo gekanselleer.

Basetsana Kumalo. Foto: Argief
Basetsana Kumalo. Foto: Argief

8. Goeiste! Kelner kry reusefooi, deel dit uit

’n Kelner van KwaZulu-Natal kon sy oë nie glo toe hy met ’n fooi van R5 000 beloon is nie.

9. MRK-lede sal miljoene hoes as Eben wen

Liewe Menseregtekommissie. Een stukkie raad wat julle maar ter harte kan neem: Gaan plaas vroegtydig ’n volbladadvertensie in elke koerant waarin julle die land om verskoning vra, skryf Charles Smith. 

10. Estina: ‘Ons weet nie wat het met geld gebeur’ - oud-LUR

Hoewel die Vrystaatse tesourie ’n oorsigrol gehad het met die Vrede-suiwelprojek, was dié rol beperk. Dít is die kern van die getuienis wat Elzabé Rockman, voormalige Vrystaatse LUR vir finansies, Woensdag en Donderdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gelewer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.