Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 18 April

Net voor jy verdwyn en jou langnaweek gaan geniet, hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure. 

Steve Hofmeyr Foto: Argief

1. Steve se seun gevra om Ghoemas te verlaat

Steve Hofmeyr se seun Devon is Woensdagaand gevra om die kykNET Ghoemaprysuitdeling saam met ’n vriend te verlaat. Dit was nadat hy en Francois van der Merwe, sy vriend, in die gehoor in die Sun Arena in Pretoria opgestaan en gesê het dit is ’n leuen dat die Afrikaanse taal en kultuur by die Ghoemas gerespekteer word, en dat dit in der waarheid gesensureer word.

Lees ook: Nóg kunstenaars boikot Ghoemas, nóg ’n borg waai

Lees ook: Demi Lee deel Ghoema met Steve en dié wat boikot

2. Stormers verras met Kolisi op bank

Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, bevind hom op die Stormers se plaasvervangersbank vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Brumbies op Nuweland.

3. Waarheid oor Ramaphosas, Bosasa nog nie uit – Mmusi

Pres. Cyril Ramaphosa het nie die belangebotsing wat daar tussen hom, sy seun Andile en die omstrede diensteverskaffer Bosasa verklaar nie, sê Mmusi Maimane, DA-leier.

Christo Wiese, voorsitter van Shoprite. Foto: Getty Images

4. Wiese verloor beheer in Shoprite, hou 17,8%

Christo Wiese, voorsitter en tans die grootste aandeelhouer van die Shoprite-groep met ’n wesenlike invloed, gaan ná ’n transaksie met die groep om weg te doen met spesiale stemregaandele 17,8% van die maatskappy hou.

5. 9-jarige erg beseer in hoewe-aanval by Potch

Marlu Coetzee, ’n negejarige seun van Potchefstroom, is Donderdag na ’n Johannesburgse hospitaal gehaas nadat rowers sy neusbeen vergruis het. “Hy is onder verdowing geplaas vir die pyn en weens die trauma van die aanval,” het sy oupa, Frans Landsberg, gesê.

6. Keurderbaas het wakker gelê oor Amla

Hy het heelwat slapelose nagte gehad in die aanleiding tot die besluit om Hashim Amla uiteindelik in die 15-tal in te sluit vir die Wêreldbeker-toernooi, erken die grootbaas van die nasionale keurders, Linda Zondi.

7. Bek-en-klouseer ‘versprei nie verder in Limpopo’

Geen nuwe voorvalle van bek-en-klouseer is die afgelope tien weke in Limpopo aangemeld nie en die departement van landbou sê die virus het nie verder versprei nie.

8. Staking by Comair afgeweer

Die staking wat British Airways en kulula.com-vlugte dié Paasnaweek kon ontwrig, is afgeweer. Comair, wat die twee lugdienste bedryf, se aansoek Donderdag by die arbeidshof was suksesvol toe ’n dringende interdik om ’n staking deur die metaalwerkersvakbond Numsa se lede te verbied, aan hom toegestaan is.

9. Boewe steel kerk se eeu-oue kruis tydens beurtkrag

Die Anglikaanse gemeente op Stanford in die Overberg is “baie hartseer” oor die meer as 100 jaar oue geelkoperkruis wat ’n maand gelede uit hul geskiedkundige klipkerk gesteel is.

Sommige joernaliste se Galaxy Fold-toestel het ná net twee dae begin breek. Foto: Mark Gurman

10. Samsung se voufoon van R45 000 breek klaar

Dit is seker enige tegnologiemaatskappy se grootste nagmerrie: jou splinternuwe – en ongelooflik duur – voubare slimfoon breek in die hande van tegnologieskrywers van oraloor. Dit is ongelukkig die presiese nagmerrie waarmee Samsung die afgelope dag of wat worstel nadat etlike prominente tegnologieskrywers van gesogte publikasies soos CNBC, The Verge en Bloomberg video’s en foto’s gedeel het van ’n gebreekte Samsung Galaxy Fold. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.