Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 19 September 2019

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 19 September 2019.

1. SA egpaar dood toe boot in Bali sink

Toe sy pa die oggend nie vir hom ’n WhatsApp-boodskap stuur nie, het hy dadelik vermoed iets is fout. Dié nare gevoel van Jaundré Allers (17), seun van Victor Allers (43), het Maandag ’n werklikheid geword toe hy hoor dat sy pa en stiefma, Fatima (48), dood is terwyl

2. ‘Bom’ in bank: Man sê hy wil skuld beken

“As ek kan, sal ek graag skuldig wil pleit.” Ekhard Albertus Mostert (50) van Garsfontein, Pretoria, se stem was sterk, maar die toon byna gelate.

3. So lyk miljoen rykste gesinne in SA

Net ’n miljoen gesinne in Suid-Afrika kry maandeliks meer as R40 000 in hul bankrekenings, maar hul besteding beloop amper 40% van wat SuidAfrikaanse verbruikers altesaam bestee.

4. ‘Ek wens ek kon as burger van die land bedank’

Nadat twee oorsese toeriste onlangs by Graskop aangeval is, het Willem Landman gevoel asof sy wêreld in duie stort. Om apartheid te blameer is ’n abdikasie van verantwoordelikheid, skryf hy.

5. EKSKLUSIEF: Chester se pa verbreek sy stilte

Die oud-Springbok Chester Williams was ’n “fighter” en hy’t nie wrokke gekoester nie. Willemien Brümmer het sy grootworddorp, die Paarl, besoek en met sy pa Wilfred en sy oom Randall gesels.

Koos Strydom (54) tydens 'n hofverskyning in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter
Netwerk24 Foto: Isabel Venter

6. Mooinooi-saak se ‘baasbrein’ aan ventilator gekoppel

Koos Strydom (54), die vermeende baasbrein agter die Mooinooi-moorde, is Maandagoggend glo bewusteloos gekry in sy tronksel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis en is tans aan ’n ventilator gekoppel.

7. Rentekoers vir eers onveranderd

Die rentekoers bly vir eers onveranderd, het die Reserwebank pas aangekondig.

8. Só wil Christo Wiese met Brait maak

’n Plan broei tussen Christo Wiese, die grootste aandeelhouer in die beleggingsmaatskappy Brait, en ander aandeelhouers oor dié maatskappy.

9. Krugersdorp-moorde: Marcel ‘verslae’ terug tronk toe

Regter Ellem Jacob Francis het Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg Marcel Steyn (21) se aansoek om verlof tot appèl verwerp. 

10. KYK: Ndlovu-jeugkoor wen nie, ‘maar dis net die begin’

Die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo het die America’s Got Talent-verhoog Woensdagaand vir ’n laaste keer aan die brand gesing voordat die top-vyf in dié talentsoekkompetisie aangekondig is.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.