Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 20 Februarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 20 Februarie 2020.

1. Hoogverraad om apartheid te ontken, sê Cyril

Om apartheid se impak op elke lewende Suid-Afrikaner te ontken grens aan hoogverraad, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in die debat oor die staatsrede gesê. 

2. Tazne: ‘Hoeveel kindertjies nog?’ vra pa se tannie

Terrence Manuel (31) en Carmen van Wyk (28), die ouers van die agtjarige Tazne van Wyk, se lewe het Donderdagoggend tot stilstand geruk. Die ouerpaar is kort ná 07:00 deur speurders verbonde aan die Ravensmead-polisiekantoor ingelig dat hul oudste dogter se lyk in ’n stormwaterdrein langs die N1 buite Worcester gevind is.

3. KYK: 7 rooikaarte in ‘rugbyboks-geveg’

’n Boksgeveg met bietjie rugby tussenin. Dit is hoe die afgelope naweek se derbywedstryd tussen Tarbes en Lannemezan in Frankryk se Federale 1-liga beskryf word.

4. Olifante trap wildbewaarder dood

’n Wildbewaarder is Dinsdag in KwaZulu-Natal dood toe hy deur twee olifante bestorm en doodgetrap is. Die man is deur die polisie geïdentifiseer as Beyers Coetzee (45).

5. Covid-19: Hou gestrandes van SA eers in China – oud-GG

’n Voormalige geneesheer-generaal (GG) van die weermag stem saam dat die Suid-Afrikaners wat hulle in die stad Wuhan en die provinsie Hubei in China bevind, eers daar moet bly totdat die virussiekte Covid-19 gestuit is.

6. Knie hou Federer uit Franse Ope

Roger Federer sal die Franse Ope vanjaar ’n vierde keer in vyf seisoene misloop. Die Switserse tennisheld het op Twitter aangekondig dat sy regterknie hom al ’n ruk lank pla en dat hy gehoop het dit sou met tyd vanself regkom.

7. 6-jarige kruip in klas weg vir ouma wat hom glo aanrand

Hy was so bang vir sy ouma dat hy een middag ná skool in ’n leë klaskamer gaan wegkruip het sodat hy nie huis toe hoef te gaan nie.

8. Bloomberg dop TV-debat, maar wen advertensiegeveg

’n Miljardêr wat vroue teister, wat sy belastingopgawes wegsteek en wat rassistiese beleide ondersteun. Dit is hoe Elizabeth Warren sommer vroeg-vroeg vir Mike Bloomberg in sy eerste TV-debat as een van die Demokratiese presidentskandidate vir die Amerikaanse verkiesing beskryf het.

9. Ons Afrikaners moet eed teen apartheid aflê

Ons Afrikaners kort ’n eed wat ons aflê waarin ons bely dat apartheid ’n misdaad teen ons mede-Suid-Afrikaners en ’n gruwelike onreg was, sê 

10. Drie mans steel goue munt van 100 kg

’n Hof in Berlyn, Duitsland, het drie mans skuldig bevind aan diefstal van ’n goue munt wat 100 kg weeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.