Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag, 20 Junie

Indien jy vandag nie tyd gehad het om op die hoogte van nuusgebeure te bly nie, bring Netwerk24 vir jou 'n keur van die dag se 10-moet-lees-stories.

Steve Hofmeyr Foto: Deon Raath

1. ANC stel klagte teen Hofmeyr uit

Die ANC gaan aanstaande Maandag 'n klagte indien teen Steve Hofmeyr oor sy twiets oor Zindi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, en Phumzile van Damme, DA-LP.

Ray Jennings in die dae toe hy die afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan was. Foto: Gallo Images

2. Jennings sê AB-storie is onsin

Ray Jennings, eertydse afrigter van die Proteas, glo die spankeuse vir die Wêreldbeker (WB)-toernooi was swak en dat die keurders nie hul huiswerk gedoen het nie.

3. Vrou erf glo niks by vermoorde wingerdboer

Die weduwee van die wingerdboer Stefan Smit (62) wat op Sondag 2 Junie vanjaar in sy huis op sy plaas Louiesenhof doodgeskiet is, het volgens bronne na aan die familie niks uit sy boedel geërf nie.

4. Kan ongelykheid SA tot volslae rommel laat val?

Al het Suid-Afrika gemeet aan die Giniindeks steeds die meeste ongelykheid ter wêreld, het die inkomsteongelykheid nie noodwendig ’n regstreekse invloed op ’n land se kredietgradering nie.

5. KYK: Redakteurs sê oor staatsrede

Die redakteurs van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport lug hul menings oor wat Pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede moet pak.

6. Virgin Active: Net 1 uit 4 pomp saam met ander lede

Net sowat een uit vier lede (26%) van Virgin Active woon groepklasse soos spinning, joga, pilates of wateraërobiese oefeninge by en klasse is gemiddeld sowat 65% vol.

Die omslag van Tendai Mtawarira se outobiografie, Beast.

7. Uitgewer hou Beast-boek terug ná kritiek

Die uitreiking van Tendai Mtawarira se outobiografie, Beast, is uitgestel nadat ’n herrie ontketen is deur kritiek wat hy teen die gewese Springbok-afrigter Peter de Villiers in die boek uitspreek.

8. SA staalbedryf stuur noodkreet uit oor Trumpbesluit

Suid-Afrika se staalprodusente trek noustrop sedert pres. Donald Trump van die VSA onlangs vir Kanada en Mexiko vrygestel het van sy swaar invoertariewe op staal en aluminium, sê Marius Croucamp, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris.

9. Liewe Marleen, dalk kan ek een ander mens red

Charles Smith, Netwerk24 se nuushoof in die Vrystaat, se hartroerende rubriek oor hoe hy sy gewese vrou, Marleen, se nagedagtenis gaan eer. 

10. KYK: Beeldmateriaal bekyk ná moord op haweloses

Die polisie sal as deel van die ondersoek na die moorde op hawelose mans in Pretoria beeldmateriaal van die stad se veiligheidskameras bekyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.