Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 22 Augustus 2019

Hiermee Donderdag 22 Augustus se moet-lees-stories. 

1. Cyril skram weg oor voorgeskrewe bate

Pres. Cyril Ramaphosa wou aanvanklik Donderdag nie reguit antwoord oor of hy “voorgeskrewe bates” steun nie.

2. Man (24) in hegtenis ná grumoord in Bellville

Inwoners van die bekende Seesigwoonstelblok in Loevenstein, Bellville, is geskok ná die gru-moord van ’n 32- jarige vrou wat daar gewoon het.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Gallo Images

3. Hendrik Verwoerd volgende op lys – Lesufi

Met die ou “apartheidsvlag” weg, is die naam van die vader van apartheid, Hendrik Verwoerd, volgende op die lys wat van skole verwyder moet word. Só het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Woensdag getwiet toe hy ’n video deel wat wys hoe die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria se naam van die muur geskraap word.

4. ‘Ons moet NGV 1ste keer regkry, ’ sê Outa

Suid-Afrika het nie die hulpbronne om foute te maak met die inwerkingstelling van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie – dit moet van die begin af reg gedoen word.

Wayde van Niekerk
Wayde van Niekerk is gereed om weer die atletiekbaan aan te durf.

5. Wayde dalk verrassing in SA span

Wayde van Niekerk, wêreldrekordhouer in die 400 m, mag dalk ’n verrassende insluiting wees in die Suid-Afrikaanse atletiekspan wat in September aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

6. Sportster lag, doen breinskade op

Die Britse hokkiester Alex Danson se wêreld het ineengestort nadat sy breinskade opgedoen het toe sy vir haar kêrel se grappie lag en haar kop stamp

7. Kykers van dié gru-porno se inligting lek

Meer as ’n miljoen (gereelde) besoekers aan ’n Japanse pornografiewebwerf se persoonlike inligting is in ’n onlangse kuberaanval bekom

8Hof sê haatspraak-saak teen BLF is ernstig, saak uitgestel

In wat regter Ratha Mokgoatlheng self as ’n “onortodokse besluit” bestempel het, het hy die saak van haatspraak teen Black First Land First (BLF) Donderdag in die gelykheidshof in Johannesburg tot 17 September uitgestel.

9. CR17: Dié kwessies ‘raak nie regering, president se werk’

Pres. Cyril Ramaphosa se hofstryd met adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), en die onthullings oor die finansiering van sy CR17-veldtog het geen invloed op die president of die regering se werk nie.

10. Polisie red leeuwelpie in Athlone

Die polisie het Woensdag ’n leeuwelpie in Athlone gered wat van Thabazimbi in Limpopo na die Wes-Kaap gebring is

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.