Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 22 Julie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 22 Julie 2021.

1. Geplunder, gebrand: Só lyk die lang lys skade nou

Die omvang van verlede week se plundery en vandalisme het dié week baie duidelik geblyk nadat die een genoteerde kleinhandelaar en eiendomsfirma ná die ander beleggers oor sy lot ingelig het.

2. NVG-baas los bom: Kenners deel kommer oor Valke

Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging. Foto: Ian Carbutt

Kenners deel die kommer van adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, oor die Valke se vermoë om die beplanners en opstokers van verlede week se plundering en geweld vas te trek, sowel as die misdaadsindikate wat betrokke was.

3. Kuberkrakers verlam Transnet en sy hawens

Kuberkrakers het Donderdag toegeslaan op Transnet. Sy hele IT-stelsel nasionaal is van lyn af. Die webwerf SATrucker berig Transnet-bronne binne die maatskappy sê die hele onderneming se stelsels nasionaal is van lyn af.

4. Ná nag in sel sê dokter hy sal weer in nag ry as dit moet

’n Johannesburgse dokter van in sy 60’s wat op ’n mediese noodoproep gereageer het, is in hegtenis geneem omdat hy die aandklokreël oortree het. Dié dokter sê egter hy sal dit enige tyd weer doen om ’n pasiënt se lewe te red.

5. Covid-19 eis SA bokslegende Thysse se lewe

Die voormalige bokser André Thysse is aan Covid-19 dood. Foto: Gallo Images

Covid-19 het Donderdag in die vroeë oggendure een van die land se taaiste voormalige boksers weggeraap. André Thysse (52), ’n voormalige Suid-Afrikaanse en Statebond-supermiddelgewigkampioen, het sy laaste asem in Kempton Park uitgeblaas.

6. Groenewald wéér vas oor renosterhoring

Dawie Groenewald (52), ’n vermeende baasbrein van een van Suid-Afrika se grootste renosterstroopsindikate, is Woensdag weer in hegtenis geneem met 19 renosterhorings ter waarde van R2,5 miljoen wat glo in sy besit was.

7. Chad vir 1ste keer as vlagdraer gekies

Chad le Clos by die 2018-Statebondspele met die Suid-Afrikaanse vlag. Hy sal Vrydag vir die eerste keer ’n amptelike vlagdraer by die Olimpiese Spele wees. Foto: Getty Images

Met twee Olimpiese Speles en vier medaljes op sy kerfstok, is daar min wat Chad le Clos nog nie by ’n Olimpiese Spele beleef het nie. En ná Vrydag gaan daar nog minder wees nadat hy vir die eerste keer as een van Suid-Afrika se vlagdraers vir die openingseremonie aangewys is.

8. ‘Cyril moet soos PW maak om SVA reg te ruk’

Pres. Cyril Ramaphosa moet maak soos oudpres. PW Botha destyds toe hy prof. Niël Barnard van die Universiteit van die Vrystaat ingespan het om die destydse Buro vir Staatsveiligheid (Boss in die volksmond) tot ’n betroubare intelligensie-agentskap te hervorm, sê ’n kenner.

9. Só lyk ’n staatsgreep in Afrika

Was dit wat ons die laaste week of wat in Suid-Afrika gesien het ’n staatsgreep of ’n poging tot ’n staatsgreep? Liesl Louw-Vaudran het gaan kyk hoe staatsgrepe gewoonlik verloop.

10. KYK: George word 8, kosskool dalk sy voorland

Die pragfoto is laat Woensdagaand deur die Kensington-paleis uitgereik ter ere van prins George se agtste verjaardag Donderdag. Die foto is vroeër vandeesmaand deur sy ma, Catherine, hertogin van Cambridge, in Norfolk geneem. Foto: Catherine, hertogin van Cambridge, versprei deur Getty Images

Daar is vandag agt kersies om uit te blaas op prins George, oudste seun van prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, se verjaardagkoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.