Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 22 Oktober 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 22 Oktober 2020.

1. KYK: Net 16 van boer se 500 ha oor ná brande

So het die brand vir byna twee dae in die Ottosdal-omgewing gewoed terwyl sterk wind dit aangedryf het. Foto: Verskaf

Stefan Ferreira, ’n boer van die Ottosdal-omgewing in Noordwes, het net 16 ha van sy 500 ha weigrond oor nadat ’n wegholbrand 3 500 ha in dié omgewing vernietig het.

2. Kabinet verwelkom arrestasies van korruptes

Die onlangse inhegtenisnemings van hooggeplaaste politici en sakemense weens beweerde korrupsie met Covid-19-tenders en in die sogenaamde asbesdak-skandaal in die Vrystaat, word deur pres. Cyril Ramaphosa en sy ministers verwelkom.

3. Horner: Bloed op broeke oortuig landdros om borgtog te weier

Die drie bloedbesmeerde langbroeke wat die polisie gekry het in twee sinkvertrekke wat aan Sekwetje Mahlamba behoort, het landdros Deon van Rooyen oortuig om hom borgtog te weier.

4. Honderde bedank by Denel soos staatshulp sloer

Denel verloor honderde “kritieke werkers” te midde van sy voortslepende likiditeitskrisis. Die vakbond Solidariteit is oortuig die staatsonderneming sal sonder ’n reddingsboei teen Maart 2021 vou.

5. KYK: Obama oor Trump: ‘Hy kon homself nie eens beskerm’

Oudpres. Barack Obama van Amerika het sy opvolger, pres. Donald Trump, behoorlik voor stok gekry in ’n toespraak Woensdag in Philadelphia, Pennsilvanië. Foto: Reuters

Die frustrasie en ontsteltenis oor pres. Donald Trump van die VSA se hantering van die Covid-pandemie was duidelik toe oudpres. Barack Obama Woensdag ’n vurige toespraak namens Joe Biden, Demokratiese presidentskandidaat, gelewer het.

6. Flintoff se penis ‘soos dooie vis’ tydens fietsren

Andrew “Freddie” Flintoff (42), die Top Gear-aanbieder en voormalige internasionale krieketster, moes mediese behandeling ontvang nadat hy gedurende ’n fietsrygeleentheid gevoel in sy penis verloor het.

7. TRESemmé: Clicks-verkope herstel ná betogings

Die verkope in Clicks se winkels het teen Oktober weer herstel van die ontwrigting wat in September ervaar is toe lede van die EFF by sy winkels betoog het oor die advertensie van die haarprodukvervaardiger TRESemmé.

8. Moenie kniel, waarsku Wallaby-legende

Die voormalige Wallaby-kaptein Nick Farr-Jones. Foto: Getty Images

Nick Farr-Jones sê die Wallabies moenie kniel ter ondersteuning van die “verdelende” Black Lives Matter- (BLM) beweging nie.

9. Sakevrou in hof vir Covidbedrog van R4,8 m.

'n Sakevrou van die Oos-Kaap wat glo 'n distriksmunisipaliteit uit miljoene rande bedrieg het, is Donderdag deur die polisie se spesiale ondersoekeenheid, die Valke, in hegtenis geneem.

10. Nog 11 maande voordat Eskom ‘stabiel’ is

Dit gaan nog lank wees voordat Eskom se kragnetwerk weer stabiel is. Só het Jan Oberholzer, bedryfshoof, Donderdag gewaarsku toe hy en André de Ruyter, uitvoerende hoof, die kwartaallikse stand van die kragnetwerk met die media bespreek het

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.