Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 23 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 23 Januarie 2020.

1. Zondo-kommissie vra uitstel ‘om bevinding te maak’

Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal voldoende bewyse hê om ’n bevinding te kan maak, selfs al werk die Guptas en oudpres. Jacob Zuma nie saam nie.

2. Boer se selfdood ‘wys die druk op boere’

Die selfdood van ’n boer van die Cradock-distrik het die gemeenskap geruk, veral ook omdat hy as een van hul positiefste landbouers beskou was.

3. Beurtkrag: Eskom op dun ys

Nóg onbeplande onderbrekings oornag by kragstasies beteken Donderdagoggend was altesame 14 301 MW se opwekkingsvermoë van lyn af. 

4. Beloftebos-besluit gaan in die hof draai

Die gay paartjie wat deur Beloftebos weggewys is weens hul seksuele oriëntasie, wil hê die gelykheidshof moet beslis of daar teen hulle gediskrimineer is.

5. Ma wat glo met skoolseuns lol weer agter tralies

Die goed versorgde ma wat van verskeie seksuele oortredings met skoolseuns beskuldig word, is weer agter tralies. Sy is Donderdag in hegtenis geneem omdat sy na bewering een van haar borgtogvoorwaardes verbreek het.

6. Matriekleerling van Kaapse voorstad in hof oor babaontvoering 

Die 18-jarige Karabo Tau, 'n matriekleerling aan die Claremont High School in Kaapstad, het Donderdag in die hof verskyn op aanklag dat sy 'n baba ontvoer het. 

7. Smith sê waarom KSA De Kock kaptein maak

Quinton de Kock het nog baie om van leierskap te leer, maar takties is sy krieketbrein vlymskerp. Daarom het Graeme Smith, Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, besluit om dié 27-jarige paaltjiewagter as die Proteas se nuwe voltydse eendagkaptein aan te stel. 

8. Wrakstukke gevind ná vliegtuig in W-Kaap verdwyn

Nooddienswerkers was Donderdagmiddag laat steeds op die toneel in die omgewing van die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn waar ’n vliegtuig vermoedelik neergestort het.

9. Nuwe Bok-hoofafrigter Vrydag onthul

Springbok-ondersteuners sal Vrydagmiddag weet wie die wêreldkampioen se nuwe hoofafrigter is.

10. Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie

Twee maande nadat die derde vuurwapen-amnestieveldtog sedert 1994 in die land begin het, heers ’n Babelse verwarring steeds oor presies wat dit behels en wat die gevolge is wanneer jy jou vuurwapen inhandig of verkies om dit nie te doen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.