Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag 23 Mei 2019

As vandag dalk net te dol was en jy nog nie 'n kans gehad het om na die nuus te kyk nie, loer dan gerus hier na 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem.

Pieter Doorewaard (links) en Phillip Schutte in Maart vanjaar in die hooggeregshof in Mmabatho toe hulle gevonnis is.Foto: Felix Dlangamandla

1. Coligny-2: Dís hoekom regter verlof tot appèl weier

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte gaan hulle nou direk tot die appèlhof in Bloemfontein wend om hul skuldigbevinding en vonnis weens die moord op ’n tiener in Coligny, Noordwes, te beveg.

2. Petrolprys in Junie: Koolstof-kinkel in die kabel

Die kans dat petrol in Junie  goedkoper gaan word, is baie skraal. En jy moet maar die tesourie die skuld gee.

3. Skok, hartseer ná moord op ‘sonskyn’-onnie

“Ek sit in haar klas en merk vraestelle op die manier soos wat sy my geleer het en ek kan nie ophou om aan haar te dink en die reuse-impak wat sy op mense gehad het nie.”

4. Hier is SA se ongewildste selfoon-netwerk

Een selfoondiensverskaffer laat Suid-Afrikaners se hart ’n klein bietjie warmer klop as al die ander. Maar gebruikers is grootliks keelvol vir duur pryse en swak diens. 

5. May kry nog ’n hou, maar beur voort

’n Leier van die Britse laerhuis en bekende Brexit-ondersteuner het uit die regering van Theresa May bedank.

Tanya Wiers (44) van Polokwane het die foto van haarself geneem enkele ure voordat sy in 2017 wreedaardig vermoor is.

6. Tanya Wiers-saak: Polisie was ‘agterlosig’

Alles kom altyd terug na die DNS wat op ’n misdaadtoneel gekry is. Só het regter Gerrit Muller Donderdag in die hooggeregshof in Polokwane gesê terwyl hy slotbetoë in die Tanya Wiers-moordsaak aangehoor het.

7. Gesprek oor laer rentekoers (eindelik) op die tafel

Die Reserwebank het vir die derde keer besluit om sy repokoers onveranderd te hou. Dit beteken die prima rentekoers van banke bly onveranderd op 10,25%.

8. SA spelers gewaarsku: ‘Moenie twiet ná ’n dop’

Moenie iets op sosiale media kwytraak wanneer jy onder die invloed (van alkohol) of emosioneel is nie.

9. Wit bevoorregting: Thuli met kru minagting behandel

Helen Zille moet verantwoordelikheid neem daarvoor dat haar Twitter-tydlyn ’n platform vir reaksionêre wit uitdrukking geword het, skryf Christi van der Westhuizen.

10. Padwerkers bel polisie toe 4 op plaas toeslaan

Oplettende padwerkers in die Langkloof het moontlik ’n plaasaanval afgeweer deur die polisie te kontak.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.