Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag, 25 April

As jy vandag te doenig was om op hoogte te bly van die jongste nuus - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste gebeure. 

Vloedwater bars deur ’n nedersetting in KwaZulu-Natal. Meer as 60 sterftes is reeds sedert Maandag aangemeld.Foto: Twitter

1. Minder vanjaar oor Paastyd op paaie dood

Daar is vanjaar minder mense oor die Paasnaweek op die land se paaie dood as in 2018. Die departement van vervoer het Donderdag bekend gemaak dat daar van 18 tot 21 April 104 mense in 80 ongelukke dood is.

Lees ook: 6 lede van 1 familie sterf in gru-ongeluk by Napier

Lees ook: Napier-ongeluk: 'Ons moes dit self sien'

2. Estina: Ace, Zwane het hulle bedrieg, sê kleinboere

Beloftes van vee, reise na Indië vir opleiding en vals hoop op werkgeleenthede is van die griewe oor die Estina-suiwelprojek wat Donderdag aan die openbare beskermer (OB) geopper is.

3. President se inhuldiging op Loftus ‘sal R120 m. kos’

Die presidensiële inhuldigingseremonie wat ná die verkiesings op 8 Mei in die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria gehou sal word, gaan die belastingbetaler volgens die DA ’n allemintige R120 miljoen kos.

4. KZN-vloede: Mense soek geliefdes in lykhuise

Die dodetal weens vloede en oorstromings in KwaZulu-Natal het Donderdag tot meer as 70 gestyg met talle mense wat steeds vermis word of dakloos gelaat is nadat stormweer vroeër vandeesweek chaos en verwoesting op verskeie plekke in die provinsie gesaai het.

Lees ook: Nog 3 kinders in Oos-Kaap dood ná swaar reën

Joe Biden: Daar is ’n ander Amerika waarop die wêreld kan reken. Foto: Reuters

5. Beast groet Bok-rugby in nuwe trui

Tendai ‘Beast’ Mtawarira beplan om ná vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan sy toetsstewels weg te bêre.

Lees ook: Só lyk Bok-trui vir WB-toernooi

6. Joe Biden skielik gunsteling vir Demokrate

Joe Biden, voormalige visepresident van Amerika, het onmiddellik die Demokrate se gunstelingkandidaat geword nadat hy aangekondig het dat hy in die besige wedren om die presidentskap van Amerika inspring.

7. Kykers van gewilde sepie glo bedrieg met slenter

Dit was vir aanhangers van die gewilde TV-sepie Binnelanders ’n bitter pil om te sluk dat hulle klaarblyklik met ’n slap riem gevang is nadat hulle geld betaal het om hul gunsteling-karakters en -akteurs te ontmoet.

8. SA netwerke ‘maak armes doelbewus armer’

Die manier waarop Suid-Afrikaanse diensverskaffers datapryse struktureer, buit doelbewus armer mense uit, het die Mededingingskommissie in sy markondersoek na die kwessie bevind.

Die prys van data in Suid-Afrika moet daal, meen die Mededingingskommissie. Foto: Unsplash

9. Studie oor bruin vroue se denkvermoë ontlok ‘pyn, woede’

Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy kommer uitgespreek oor die “pyn en woede” wat ’n artikel oor ’n studie van bruin vroue se denkvermoë in die akademiese gemeenskap en wyer samelewing ontlok het.

10. Capitec dra nou 66% van PSG se waarde by

Capitec Bank dra nou 66% van die beleggingsmaatskappy PSG se waarde van sy bates by vergeleke met 51% verlede jaar. PSG besit ook groot belange in die genoteerde maatskappye Curro, PSG Konsult en Zeder wat onderskeidelik in private skole, batebestuur en landbou betrokke is.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.