Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 26 Maart 2020

Hiermee die 10 moet-lees-storie op Donderdag 26 Maart 2020.

1. Covid-19: ‘Ek kon nie regop in stort staan’

’n Suid-Afrikaner in Luxemburg wat positief vir Covid-19 getoets is, sê mense wat mor oor die staat van inperking, onderskat die onvoorspelbaarheid van dié nuwe koronavirus. Jeanne Els het met Netwerk24 gesels oor hoe die simptome jou kan plattrek.

2. Jy kan nét dan hardloop, stap of fietsry – polisie

Jy kan winkel toe draf, stap of fietsry om te gaan kos koop, maar jy kan nie sommer net vir oefening op jou eie gaan hardloop, stap of fietsry nie.

3. Nog ’n dorp met troublomme versier

Nie lank nadat die strate van Tulbagh in die Wes-Kaap verfraai met die blomme van troues wat afgestel is nie, het dieselfde in die Paarl gebeur. Bloemiste in die Paarl-omgewing, asook dié wat die rangskikkings in Tulbagh gemaak het, het Woensdag ingespring om die ingang van ’n ouetehuis in die Paarl te versier met die blomme wat vir uitgestelde troues bedoel was

4. Past. Andries Enslin en sy gesin ingeperk in VSA

Past. Andries Enslin, wat deesdae in Austin, Texas, woon, het vandeesweek op sy Facebook-blad vertel ook hy en sy gesin is in ’n staat van inperking geplaas. Hy sê dis sy “droom” dat mense voortaan hul bydraes aan die kerk net aanlyn sal maak.

5. ‘Keer dat korona massamoord pleeg’

Die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie is die absolute minimum van wat nou nodig is, het prof. Howard Phillips, ’n geskiedkundige en kenner van die 1918-griep waardeur 6% van die SA bevolking uitgewis is, aan Murray La Vita gesê.

6. Moenie meer koop as wat jy nodig het

Leë rakke en lang rye by kruidenierswinkels was die afgelope week ’n algemene gesig namate mense paniekaankope voor die staat van inperking begin doen het. Pick n Pay het Woensdag, slegs twee dae voor die staat van inperking begin, ’n video op sosiale media gedeel om mense aan te moedig om twee keer te dink voordat hulle paniekaankope doen.

7. Invoerder wil só help met mediese gesigmaskers

Die Kaapse verspreider Syntech vra ondernemings om in grootmaat by hom maskers te bestel vir werknemers wat noodsaaklike dienste lewer en vir kwesbare gemeenskappe.

8. Takealot bly oop, maar net vir kos en toiletware

Takealot sê hy sal gedurende die staat van inperking net artikels aflewer wat deur die regering as noodsaaklik beskou word.

9. LUISTER: Covid-19 – Inperking kán verleng word

Die ingrypende inperkingsmaatreëls teen Covid-19 is moontlik nié genoeg om die pandemie in Suid-Afrika te stuit nie. Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die SuidAfrikaanse Mediese Vereniging, sê die volgende drie weke is kritiek. 

10. LUISTER: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor COVID-19 verbreek?

Covid-19 het die koninklike familie getref nadat prins Charles positief vir die virus getoets is. In die jongste aflewering van Netwerk24 se podsending, Koninklike Knieknik, vra Arlene Prinsloo: Wanneer gaan die koningin haar stilte oor dié dodelike pandemie verbreek?


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.