Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 26 November 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 26 November 2020.

1. Mosie van wantroue kom teen pres. Cyril Ramaphosa

’n Mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa word volgende week in die parlement aangehoor.

2. Pa van George binne 24 uur verlam weens Guillain-Barré

’n Man van George het binne 24 uur van sy skouers tot sy tone verlam geraak weens Guillain-Barré-sindroom.

3. Kollegas vorm erewag vir verpleegster se lyk in hospitaal

Snikke wat weerklink terwyl hospitaalpersoneel van die Life Mercantile-hospitaal in Port Elizabeth met kerse in die hande ’n erewag vorm, is hoe die lyk van een van hul eie verpleegsters wat aan Covid-19 gesterf het, uit die hospitaal begelei is.

’n Skermgreep van die video wat geneem is toe suster Esme Langford se lyk weggeneem word terwyl hospitaalpersoneel ’n erewag met kerse vorm. Foto: Skermgreep

4. Speler, bruid jaag van hul eie troue na stryd

Jou troudag is een van die belangrikste gebeurtenisse in jou lewe, maar wat gebeur wanner jou span op dieselfde datum in ’n belangrike halfeindstryd speel?

5. Neels wil nie meer op sy ‘eish’ wees

Eish! Hier is jou kans om die akteur Neels van Jaarsveld se hart te wen.

6. Carl Niehaus het jou aan bôls beet, mits ...

Ek het omtrent met my pa se Nissan NP200-bakkie teen ’n paal vasgery toe ’n knaap van skaars 30 in ’n klassieke Rolls-Royce in Bloemfontein verby my ry. Die veteraanmotor se nommerplaat: Royal FS.

7. Gesprekke oor ‘TV-lisensies vir Netflix’ gaan voort

Die kwessie oor lisensiegeld vir inhoud wat net op skootrekenaars, tablette of slimfone gekyk word, is Woensdag weer in die parlement geopper.

8. Begin van ‘robuuste’ taak om van OB ontslae te raak

Die onafhanklike paneel wat gaan help om oor die lot van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), te beslis is net die begin van ’n “robuuste” en moeilike parlementêre proses om alle klagte teen haar behoorlik te ondersoek.

9. Rand toets dalk R15 per dollar

Gaan die rand deur die vlak van R15 per dollar kan breek?

10. Privatiseer: Dit kan almal dien

Onlangse sprake dat RSG moontlik saam met die SAUK-skip mag sink, wat later as “kwaadwillige fopnuus” en ’n “dwaalstorie” deur die radiostasie bestempel is, het in ’n twis tussen liberale Afrikaanses en konserwatiewe Afrikaners ontaard.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.