Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 27 Februarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 27 Februarie 2020.

1. Staatsdiens met 10 000 verklein?

Die staat mik om oor die volgende drie jaar sy personeelgetalle met sowat 10 000 te verklein, blyk uit die begrotingsdokumente wat Woensdag gepubliseer is.

2. Prasa se krag gesny: Treine staan in Wes-Kaap

Treindienste in die Wes-Kaap is Donderdagmiddag opgeskort nadat Eskom die kragtoevoer na verskeie spoorlyne van Prasa afgesny het weens wanbetaling.

3. Toergids kry 2de keer Covid19-virus

’n Toergids op ’n bus in Japan het die gevreesde Covid-19-virus vir ’n tweede keer opgedoen.

Lees ook:

4. Prasa se krag gesny: Treine staan in Wes-Kaap

Treindienste in die Wes-Kaap is Donderdagmiddag opgeskort nadat Eskom die kragtoevoer na verskeie spoorlyne van Prasa afgesny het weens wanbetaling.

5. Brakpan-gesin veilig ná ontvoering

’n Gesin van Brakpan is veilig en ongedeerd nadat drie rowers by hul huis ingebreek en hulle ontvoer het.

6. Grond oral in Oudtshoorn beset

Die Oudtshoorn-munisipaliteit win regsadvies in oor verskeie voorvalle van grondbesetting wat in die dorpsgebied voorkom.

7. Miljoene aan motors vir tradisionele leiers bestee

Slegs die helfte van huishoudings in Limpopo het behoorlike sanitasie, maar die provinsiale regering gaan miljoene rande beste aan voertuie vir senior tradisionele leiers. Dit was Donderdag deel van Stan Mathabatha, premier van Limpopo, se boodskap met die opening van die provinsiale wetgewer wat in die Jack Botessaal in Polokwane gehou is.

8. Só reis jy in 'n wêreld te midde van Covid-19

Hoe reis jy in 'n wêreld te midde van Covid-19? Prof. Marietjie Venter gee raad. 

9. Poppie Nongena en die misdaad van apartheid

Die lewe van Poppie Nongena vra nie of apartheid wel ’n misdaad was nie, maar vertel van dié misdaad en sy uitwerking op die lewe van mense, skryf Leslie van Rooi.

10. DOV in KwaZulu-Natal ‘ondermyn’ , hoor Zondo

’n Voormalige waarnemende direkteur van openbare vervolgings (DOV) in KwaZulu-Natal het Donderdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig hoe hy in die omstrede Cato Manor-saak glo ondermyn is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.