Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 6 Augustus 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 6 Augustus 2020. 

1. Kragproppe verander weer – wat jy moet weet

Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) het onlangs nuwe vereistes vir kragproppe uitgereik, waaronder ’n verpligte nuwe simbool wat op alle pasproppe (“adaptors”) moet verskyn.

2. 3-jarige sterf ná bure se pitbulls hom aanval

’n Peuter van Kirkwood in die Oos-Kaap is Woensdag in die hospitaal dood nadat hul bure se pitbulls hom aangeval het.

3. Geen seisoenale griep sover dié winter

Die Covid-19-pandemie het een onverwagse ligpunt: Geen seisoenale griep is hierdie winter nog aangeteken nie.

4. Skietery in Pretoria: Omstander ‘vrees vir sy lewe’

Toe die skote begin klap, het hy vir sy lewe gevrees, vertel ’n kosverkoper wat Woensdagoggend in Pretoria sowat 100 m van die skermutseling tussen polisielede en verdagtes sake gedoen het.

5. Vrou briesend nadat CapeNature besonderse slang van kant maak

’n Slangvanger van Kaapstad het beloof om CapeNature nooit weer te laat weet as sy ’n rare spesie in die Kaapse omgewing vind nie. Sy sê slange word summier van kant gemaak.

Pravin Gordhan Foto: Daily Sun

6. OB was 'blindelings vasberade' om Pravin vas te vat

Dit is duidelik adv. Busisiwe Mkhwabane, openbare beskermer (OB), was “blindelings vasberade” om 'n ongunstige bevinding teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en ander mense te maak, ongeag die feite of die wetgewing wat tydens haar ondersoek aan haar voorgelê is.

7. KYK: ‘Mini-Bruce Lee’ (10) 'n klein spiertier

’n Japannese skoolseun en sy obsessie met Bruce Lee het die internet gaande.

8. KYK: 75 j. ná Hirosjima vrees wêreld steeds vonk in kern-kruitvat

Dit is Donderdag presies 75 jaar gelede dat Amerika ’n atoombom op die Japanse stad Hirosjima afgegooi het. Daarmee is die karakter van die internasionale politiek aansienlik verander. Leopold Scholtz gaan na wat gebeur het en wat die implikasies was – en steeds is.

9. Polisie smous sigarette; vang jou as jy rook

Die FAK het Woensdag sy Vrouebeeld by Parys in die Noord-Vrystaat opgerig. Maar ons kort ook ’n beeld vir Bianca Jacobs doer in die Suid-Vrystaat.

10. Kurt Darren wen sy 9de Sama

Die sanger Kurt Darren het Woensdagaand vir die negende keer in sy loopbaan ’n Sama (South African Music Awards) gewen.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.