Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 6 Desember 2018

As jy vandag te besig was om op hoogte te bly van die jongste nuus, moenievrees - hier is 'n oorsig van die dag se belangrikste nuushoogtepunte.

1. Swaar reën oor dele van Kaapstad verwag

Swaar reën kan Vrydag oor dele van Kaapstad, die Overberg-distrik en die suidweste van die Kaapse Wynlande-distrik in die Wes-Kaap voorkom.

Xander Bylsma Donderdag in die hooggeregshof in Mmabatho. Foto: Simon Sonnekus

2. KYK: Xander wil graag Kersfees tuis wees

Xander Bylsma, Stella se dubbelemoordverdagte, gaan op 21 Desember ’n aansoekom borgtog in die hof bring in die hoop om Kersfees tuis by sy familie te wees.

3. Hier is huiswerkers se nuwe minimum lone

Die minimum loon van huiswerkers is op 3 Desember verhoog en sal geldig weestotdat die nasionale minimum loon in werking tree.

4. Justin in trane toe hy SA paspoort terugkry

Toe hy sy paspoort vir die eerste keer in maande weer in sy hande hou, het hy in trane uitgebars, sê Justin van Pletzen.

5. Zuma-beeldpoetser in hof ná sy restaurant nie betaal

Hoewel die klag teen haar moontlik teruggetrek sal word, moet oudpres. Jacob Zuma se voormalige beeldpoetser en woordvoerder steeds Vrydag op aanklag van ontduiking van betaling in die landdroshof in Hillbrow, Johannesburg, verskyn.

Bheki Cele. Foto: Jaco Marais

6. Polisie bekommerd oor misdadigers wat ontsnap

Die ontsnapping van gevaarlike misdadigers en voorvalle van geweld wat howe landwyd teister, is ’n groot bron van kommer vir die regering, het Bheki Cele, minister van polisie, Donderdag op ’n nuuskonferensie by die parlement erken.

7. ‘Beste blaser nóg’ Rasta groet 7’s-rugby

Die skeidsregter Rasta Rasivhenge groet sewesrugby ná die naweek se Kaapstad-sewestoernooi om hom heeltyds op die vyftienman-kode toe te spits.

8. Rohde veg teen trane toe oudste dogter kom getuig

Met trane in sy oë het Jason Rohde Donderdag gekyk hoe sy oudste dogter in die getuiebank inskuif.

9. Huawei-debakel: Wat jy moet weet

Meng Wanzhou, dogter van die stigter van die Chinese tegnologiereus Hauwei, is Saterdag in Vancouver, Kanada, in hegtenis geneem. Maar waarom? 

10. Media móét oor Malema berig

Die laaste tyd was daar nogal ’n debat oor die vraag of die media aandag aan Julius Malema en die EFF se aandagtrekkerige bokkespronge moet bestee. Max du Preez en Amanda Gouws meen van nee; my gewaardeerde oudkollega Hennie van Deventer meen nuus is nuus.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.