Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 6 Desember 2019

Kom op die hoogte met die belangrikste nuusgebeure van die dag. 

1. ‘Tshwane kry waarskynlikook gou ANC-burgemeester’

Die Tshwane-metro gaan waarskynlik dieselfde pad as Johannesburg stap en binnekort ook ’n ANC-burgemeester kry, sê John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA.

2. Verdagte ‘uit op borgtog’ toehy man glo doodskiet inwinkel

Een van die verdagtes in die moord en rooftog by ’n rekenaarwinkel was vermoedelik uit op borgtog op twee ander sake toe hy en sy makkers in November glo op Compuport Computer Consulting in Pretoria toegeslaan het.

3. Bobani as burgemeester verwyder

Mongameli Bobani, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, is Donderdag tydens 'n mosie van wantroue verwyder nadat hy die enigste een is wat gesê het dat hy teen dié mosie stem.

Charlize Theron at a screening and Q&A for new fil
Charlize Theron sê sy en die sekspes Harvey Weinstein het nie saam in die bed gespring nie. Foto: Getty Images

4. Charlize: ‘Ek het nie met sekspes Harvey Weinstein in bed gespring nie’ 

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron het ontken dat sy ooit met die sekspes Harvey Weinstein seks gehad het.

5. 7de Laan: Kruispad of doodloopstraat?

Dit lyk soos die uittog uit Egipte namate die een ná die ander karakter die sepie 7de Laan verlaat, skryf Daphné Grundling.

6. Húlle pla jou die meeste met ongewenste oproepe

Verreweg die meeste strooi-oproepe (spam) wat in Suid-Afrika gemaak word, is deur booswigte wat iemand met ’n slap riem probeer vang, het Truecaller in sy jongste verslag oor die onderwerp bevind.

7. KSA-drama: ‘Hoekom speel raadslede nou martelaar?’

Wat eintlik maar bloot as ’n wekroep in die donker begin het, het nou binne ’n paar dae stukrag gekry om die krieketpubliek van Suid-Afrika te verenig in hul strewe om die spel en alles wat daarmee gepaardgaan reg te ruk.

8. Catzavelos beken skuld ná kwoord op strand

Adam Catzavelos, die man agter die k-woord-video wat hy op ’n strand in Griekeland opgeneem het, het Donderdag skuld beken op ’n aanklag van haatspraak in die landdroshof in Randburg, Johannesburg.

Willem Breytenbach Donderdag in die hof. Foto: Jaco Marais

9Willem Breytenbach vrygelaat op borgtog

Willem Breytenbach (55), sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24- werknemer, is Donderdag op R50 000 borgtog in die landdroshof in Kaapstad vrygelaat.

10. Lewis is welkom by Ferrari, sê Leclerc

Die Ferrari-jaer Charles Leclerc sê hy sal die wêreldkampioen Lewis Hamilton met ope arms verwelkom as die Brit besluit om Mercedes vir die Scuderia te verruil.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.