Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Donderdag 8 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Donderdag 8 April 2021.

1. Kobus Wiese ‘weer ou self’ ná hartaanval, operasie

Die Springbok-held Kobus Wiese (56) het Donderdag uit die waakeenheid van die Mediclinic Panorama in Kaapstad laat weet dit “gaan baie beter” met hom. Hy het Dinsdagaand ’n hartaanval gehad.

Kobus Wiese
Kobus Wiese Foto: Steve Haag/Gallo Images

2. Eskom: ‘Totale ineenstorting’ van netwerk dreig

Die hele land se ligte gaan dalk afgeskakel word – en dié keer nie weens ’n tekort aan opwekkingsvermoë nie.

3. Skool besluit of tiener-moordverdagte mag bly

Die beheerraad van die Hoërskool Douglas besluit volgende week of die 16-jarige seun wat in hegtenis geneem is weens die moord op Leon Keith Vermeulen (40), ’n jagter van die Noord-Kaap, in die skool mag aanbly.

Leon Keith Vermeulen en Charlene Croucamp, sy verloofde, is albei van Kimberley. Foto: Facebook

4. Gigaba se vervreemde vrou Vrydag voor Zondo

’n Sportsak vol R200-note agter in ’n kattebak. Modieuse pakke klere wat na bewering met Gupta-geld in Sandton gekoop is. En ’n vervreemde vrou wat sê sy gaan die Zondo-kommissie van ondersoek alles vertel wat sy van staatskaping weet.

5. Dronkgeslaan? Trauma daal nié oor drankverbod

Die aandklokreël wat tydens die inperking ingestel is, is die grootste oorsaak van die daling in hospitaalopnames weens motorongelukke.

6. Alle vlugte na ‘onveilige’ lughawe gestaak

Die Polokwane-lughawe kan nie meer vlugte akkommodeer nie weens sy versuim om veiligheidsmaatreëls soos ’n brandweerdiens in plek te hê om sy lisensie te behou.

7. Gee ’n mooi nooi en ’n moord ...

Moord, ’n hotelier as slagoffer, ’n verdagte mooi vrou, huurmoordenaars, diamante, Krugerrande, ’n lyfwag met ’n man bun by die hof wat uitroep hy het haar lief, kleindorpse intrige en, les bes, ’n speurder wat al in ’n rolprent deur ’n Hollywood-ster (Arnold Vosloo) gespeel is.

8. Paartjie trou in hospitaal ter wille van pa met kanker

’n Paartjie van Kaapstad het besluit om in ’n hospitaal in Tokai te trou nadat leukemie onlangs by die bruid se pa gediagnoseer is.

9. Protea-raaisel opgelos: Dís wat Temba-hulle lees

Temba Bavuma en sy span het krieketondersteuners Woensdag behoorlik aan die raai gehad. Wát is op daardie velletjie papier wat die Protea-kaptein so noukeurig bestudeer het in Pakistan se kolfbeurt in die derde eendagwedstryd in Centurion?

10. Emma Renzi: 95 ’n seën waarsonder ek kan klaarkom

Die sopraan Emma Renzi is Donderdag 95 jaar oud, hoewel sy meen dit is ’n sogenaamde seën waarsonder sy kan klaarkom. Tog is sy gelukkig en dankbaar vir wat sy het. Sy het met AJ Opperman gesels.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.