SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
10-moet-lees-stories: Donderdag, 8 November

Indien jy nie vandag kans gehad het om op hoogte te bly van die jongste nuus nie, moenie bekommerd wees nie - hier is 'n oorsig van wat jy moet weet.

Adv. Pete Mihalik op pad na die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

1. Mihalik: Polisie bewaak hof met R5-aanvalsgewere

Loeiende sirenes het vroeg die koms van die drie mans wat van die moord op adv. Pete Mihalik aangekla word, by die landdroshof in Kaapstad aangekondig.

2. Veldbrand: Boer uit koma ná 63 dae

Ná 16 operasies in 63 dae voel dit asof Mof Myburgh (66) van Kroonstad soos Lasarus uit die dood herrys het, sê sy dogter, Marinda Bender.

3. Sindikaat wat Welkom-vrou ontvoer ‘uiters professioneel’

Die sindikaat wat Charmaine Botha van Welkom Woensdag ontvoer en ’n losprys van twee goudstawe geëis het, is uiters professioneel en het hul optrede haarfyn beplan.

4. Siemens se lewe was R200 000 werd

Die huurmoordenaar wat Louis Siemens (52), voormalige besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in die Prellerplein-sentrum in Bloemfontein, doodgeskiet het, het dit vir R200 000 gedoen, het die hooggeregshof in die stad gehoor.

5. 400 buffels verdrink in Choberivier

Inwoners van nedersettings aan die grens tussen Namibië en Botswana naby die Choberivier het Donderdag begin om die karkasse van 400 buffels wat in die rivier verdrink het, op te kap.

Adv. Glynnis Breytenbach Foto: Herman Verwey

6. Cyril ontken kandidate vir NVG-toppos

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in 'n verklaring ontken dat daar 'n kortlys van name is vir die pos as nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV).

7. Rohde skuldig, bring nag in tronk deur

Jason Rohde bring Donderdag sy eerste nag as veroordeelde moordenaar in die Pollsmoor-gevangenis deur.

Lees ook: IN FOTO'S: Rohde se laaste ure van vryheid en KYK: Die oomblik toe Rohde hoor hy is skuldig

8. Saica verhoor 2 van VBS Mutual Bank

Twee mense wat nou verbind word met dié bank se ineenstorting, gaan as ouditeure dissiplinêr vervolg word.

9. Skietery in kroeg in VSA oudsoldaat se handewerk

'n Oudsoldaat is die skieter verantwoordelik vir die slagting Woensdagaand in 'n kroeg-en-eetplek in Los Angeles.

10. ‘Koning Charles gaan nie inmeng nie’

Prins Charles sê in ’n nuwe dokumentêre program, Prince, Son & Heir - Charles at 70, hy sal nie “so dom” wees om ’n inmengerige koning te wees nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.