Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 12 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 12 April 2021.

1. Het jy geld in Absa se geldmarkfonds? Lees hier

Absa het besluit om sy geldmarkfonds, waarin meer as R80 miljard belê is, te sluit. Dit beteken egter nié beleggers gaan enige geld verloor nie.

2. Emigrasie: Suid-Afrikaners stem met hul voete 

Daar is geen akkurate statistieke oor emigrasie vanuit Suid-Afrika beskikbaar nie. Statistieke Suid-Afrika (SSA) publiseer lank reeds nie meer data oor selfverklaarde emigrasie nie.

3. Prins Harry reeds in Londen vir oupa se begrafnis

Prins Harry moes inderhaas planne maak om uit Los Angeles na Brittanje terug te keer nadat prins Philip Vrydagoggend in die Windsor-kasteel oorlede is. Die Buckingham-paleis het Saterdagaand bevestig Harry sal die begrafnis Saterdag bywoon.

4. ‘My Octopus Teacher’ wen beste dokkie by Baftas

Craig Foster en die seekat in ’n toneel uit die Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent ‘My Octopus Teacher’.

Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Octopus Teacher is Sondagaand op die Bafta-prysaand in Londen as die beste dokumentêr aangewys. ’n Emosionele Pippa Ehrlich het die toekenning namens die produksiespan ontvang.

5. ‘Níks sou my stuit’ – Goue Gerda

Sy is baie dankbaar en baie trots daarop om die nuwe Suid-Afrikaanse rekordhouer in die marathon vir vroue te wees. Só het die 31-jarige Gerda Steyn, die goue vrou van Suid-Afrikaanse langafstandatletiek, Sondag gesê nadat sy in Italië die oud-Springbok en Olimpiese atleet Colleen de Reuck se 25 jaar oue SA rekord in die marathon aan flarde gehardloop het.

6. ‘Ek staan nié opsy, ’ sê burgemeester oor diefstalklagte

Potchefstroom se uitvoerende burgemeester sê hy sal nie opsy staan terwyl hy en ander hooggeplaastes daarvan beskuldig word dat hulle R5 miljoen by die munisipaliteit gesteel het nie.

7. PRAGFOTO’S: Dít is hoekom koningin, Philip so giggel!

’n Giggelende koningin Elizabeth stap verby prins Philip wat in die volle uniform van die grenadier-wagte geklee is. Daar is al die jare gedink die koningin het nie haar man herken in sy uniform en beerhoed nie en begin lag toe sy besef dit is hy. Foto: Getty Images

Daar word al jare bespiegel oor hoekom koningin Elizabeth so gegiggel het toe sy in 2013 verby prins Philip in sy volledige uniform en hoed van beervel gestap het. Nou weet ons uiteindelik!

8. Covid-19: So gaan dit in die buiteland

Indië is nou die land met die tweede meeste virusgevalle ter wêreld. Die gesondheidsministerie se jongste data, wat Maandag uitgereik is, bevestig Indië is naas Amerika die land met die meeste Covid-19-gevalle ter wêreld. Indië het dus nou vir Brasilië verbygesteek.

9. KYK: Hideki se joggie gryp verbeelding aan

Hideki Matsuyama se joggie, Shota Hayafuji, se gebaar van respek maak net soveel opslae soos die nuwe Meesters-kampioen se vertoning die afgelope naweek op die Augusta National-baan in Georgia.

  • Lees ook: Matsuyama maak geskiedenis: Hideki Matsuyama het Sondag die eerste Japannese man geword wat ’n major-titel verower nadat hy die senuwees oorkom het om in die 85ste Amerikaanse Meesterstoernooi te seëvier.

10. Antieke stad grootste vonds sedert koning Toet se graf

Die onlangse ontdekking van ’n 3 000 jaar oue stad in Egipte word as een van die belangrikste argeologiese vondste sedert dié van Toetankamen se graf in 1922 bestempel. Die Egiptiese argeoloog Zahi Hawass het die nuus oor dié vonds Donderdag bekend gemaak en gesê die stad Aten naby Luxor is die grootste wat tot nog toe ontdek is.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.