Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 14 Junie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 14 Junie 2021.

1. Moordenaar(s) wat veearts doodskiet, steeds soek

Die polisie in Gauteng is steeds op soek na die moordenaar(s) van die 43-jarige veearts van Krugersdorp aan die Wes-Rand. Dr. Corli van der Walt is Saterdagoggend dood in haar motor gevind op die hoek van Bellrylaan en Nordenstraat in die spoggerige woonbuurt Rangeview. 

2. Munisipale werkers maak gereed vir ‘oorlog’ oor lone

Die munisipale-werkersvakbond Samwu het sy meer as 160 000 lede aangeraai om vir ’n “komende oorlog” met die regering voor te berei.

3. Witbank-skool sluit nadat ouers mekaar buite takel

Die Hoër Tegniese Skool Witbank het Maandag sy deure tydelik gesluit in opdrag van Bonakele Majuba, LUR vir onderwys in Mpumalanga. Majuba se opdrag volg nadat ouers mekaar Maandagoggend buite die skool aangerand het tydens ’n protesaksie oor beweerde rassisme by dié skool.

4. ‘Eensame siekte’ trek radioman plat

mark pilgrim
Die omroeper Mark Pilgrim sterk tans by sy huis in Sandton, Johannesburg, aan. Foto: Twitter/@MarkPilgrimZA

Al het hy ’n longinfeksie weens Covid-19 opgedoen, al werk 10% van sy hart nie, al het hy kanker oorwin en al het hy voorheen ’n hartaanval gehad, sal dit nie keer dat Mark Pilgrim optimisties bly nie.

5. Player ‘in trane’ ná Higgo se sege in VSA

Garrick Higgo, Suid-Afrika se nuwe gholfsensasie, glimlag breed nadat hy Sondag sy eerste Amerikaanse PGA-titel gewen het. Foto: Getty Images

Staan opsy, kêrels, want dit is Garrick Higgo en Wilco Nienaber wat wêreldgholf nou aan die gons het.

6. Pasgetroude paartjie in stort doodgeskok

’n Paartjie wat die naweek pas teruggekeer het van hul wittebrood, is Sondag in die stort doodgeskok.

7. Dawie Roodt: ANC lei sommer sélf belastingboikot

Dis nou maar eenmaal so dat ons sosiale wesens is. En elke keer wanneer mense bymekaarkom, dan probeer ons onsself in die een of ander struktuur organiseer.

8. Sersant doodgeskiet ná hy glo op kollegas losbrand

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n voorval waarin ’n lid van die polisie in Khayelitsha se taktiese-reaksie-eenheid Maandag in die vroeë oggendure in ’n rooftog op ’n bouperseel in Mandela Park in die gebied doodgeskiet is.

9. Tragedie tref Tsitsipas voor eindstryd

Stefanos Tsitsipas het sy ouma kort voor die Franse Ope-eindstryd aan die dood afgestaan. Foto: Getty Images

Stefanos Tsitsipas het Maandag op Instagram onthul dat hy vyf minute voor Sondag se Franse Ope-eindstryd teen Novak Djokovic van sy ouma se dood uitgevind het.

10. Toks toets positief op vakansie in Maledive

Die oud-Springbokrugbyspeler Toks van der Linde is positief vir die koronavirus getoets terwyl hy met vakansie in die Maledive is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.