Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Maandag 14 Oktober 2019

Voor jy jou skoene uitskop en jouself gemaklik maak na die blou Maandag, haal eers gou in met die dag se belangrikste nuusgebeure.

1. Bishops-juffrou se prokureur waarsku oor video’s

Daar is “absoluut geen bewyse” dat enige leerling van die skool Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, eksplisiete foto’s en video’s van ’n onderwyseres op hul selfone het, of voorheen gehad het nie. So sê Guy Pearson, die skoolhoof, Maandag nadat Netwerk24 uit verskeie oorde kaalborsfoto’s van vermoedelik die voormalige onderwyseres Fiona Viotti (30) ontvang het, asook seksueel eksplisiete video’s van ’n vrou wie se gesig nie gesien kan word nie.

Fiona Viotti (30) op haar troudag verlede jaar.Foto: Bishops College Magazine

2. Etzebeth dagvaar MRK

Die Springbokslot Eben Etzebeth gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) voor die hof daag.

3. Eben oor voorval in Langebaan: ‘Dís wat gebeur het’

Die Springbok-slot Eben Etzebeth het Maandag in hofstukke die sluier gelig oor wat presies in sy “onderonsies” op 24 Augustus in Langebaan aan die Weskus gebeur het.

4. Egpaar wat deur njala-bul gegael is, ‘bestendig’

’n Diereliefhebber van Phalaborwa in Limpopo het, terwyl ’n njala-bul se horings haar een been deurboor het, die bok om sy een oog gevryf in die hoop dat hy sal bedaar en die aftog blaas. Dié poging van Barbara Boshoff (52) het egter nie die verwoede bok tot bedaring gebring toe hy haar en haar man, dr. Wessels Boshoff (68), Sondagmiddag op hul hoewe buite Phalaborwa bestorm en gegaffel het nie.

Barbara Boshoff en haar man, dr. Wessels Boshoff, van Phalaborwa. Foto: Facebook/Barbara Boshoff

5. Hier kom ‘bloedbad’ van afleggings

Daar kom ongetwyfeld ’n “bloedbad” wat betref afleggings in Suid-Afrika – en die vierde nywerheidsrevolusie waarop pres. Cyril Ramaphosa sy hoop plaas, is een van die redes daarvoor.

6. Meisie (13) van Worcester verkrag toe sy ná skool huis toe stap

’n Meisie (13) is Vrydag omstreeks 14:00 in Worcester gegryp terwyl sy ná skool huis toe gestap het en in bosse naby een van die Brandwacht-plase buite die dorp verkrag.

7. Polisieman wou met koerant praat voor selfdood

Enkele ure voordat ’n Bloemfonteinse polisieman hom op die pad na Jagersfontein om die lewe gebring het, het hy Volksblad twee keer gebel en gesê hy wil oor groot korrupsie praat. Ao. Lieb Liebenberg (57), ’n polisiebeampte by misdaadintelligensie in Bloemfontein, is Saterdag omstreeks 10:00 dood nadat hy homself in sy werksmotor om die lewe gebring het.

Lieb en Linda Liebenberg. Foto: Linda Liebenberg/Facebook

8. Rassie in mediaskrum voor Japan-stryd

Sowat 40 tot 50 rugbyskrywers, fotograwe en TV-kameramanne het op Rassie Erasmus toegesak toe die Springbokke Maandag hul eerste nuuskonferensie in Tokio – in aanloop tot Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Japan – gehou het.

9. Nóg ’n maand van duurder petrol dalk op pad

Petrol gaan in November waarskynlik vir die vierde maand in ’n ry duurder word en diesel vir die derde maand.

10. Ier hoor hy wen Nobel – toe wen hy nie

Die Ierse skrywer John Banville was Donderdag die slagoffer van fopnuus toe hy telefonies “ingelig” is dat hy die ontvanger van die Nobelprys vir letterkunde is. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.