Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 15 Julie 2019

Indien jy vandag nie tyd gehad het om op die hoogte van nuusgebeure te bly nie, bring Netwerk24 vir jou 'n keur van die dag se 10-moet-lees-stories.

1. Oudpres. Jacob Zuma getuig voor die Zondo-kommissie

2. James Small se dood

3. Wêreldbekerkrieket

4. Hoof van Eskom se tesourie bedank

Nog ’n topbestuurslid van Eskom het bedank op ’n kritieke tydstip waarin Eskom sy finansies moet uitpluis.

5. Weermag kan nie einde aan bendegeweld maak

Baie mense glo die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte sal help om bendegeweld hok te slaan. Maygene de Wee is egter nie so seker nie.

6. KYK: Ma pleit dat SAPD nie van vermiste seun (8) vergeet

Die ma van die vermiste Recolin Witbooi (8) van Gelvandale in Port Elizabeth het Maandag gesê sy klou vas aan die hoop dat hulle hom gaan kry en het by die polisie gepleit om nie van haar kind “te vergeet” nie.

7. VF Plus sê hy slaag teen BLF

Black First Land First (BLF) is glo gederegistreer as politieke party. Die VF Plus sê hy het geslaag in sy appèlaansoek teen die registrasie van die BLF as ’n politieke party.

LEES OOK: BLF wil OVK se beslissing beveg

8. Verkragting op kringtelevisie: JMPD jaag na toneel

’n Patrolliemotor van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) het na die toneel gejaag toe personeel van die beheerkamer wat kringtelevisiekameras in die middestad monitor die beamptes ingelig het ’n vrou word deur ’n taxibestuurder verkrag.

9. 5 lyke: Man vermoor glo vroue ná seks

Die polisie in Mpumalanga het die lyke van vyf vroue in ’n man se agterplaas opgegrawe nadat die man glo beken het dat hy ’n vrou vermoor het wat hy aanlyn ontmoet het.

10. Vermiste akteur se oorskot gevind

Die oorskot van die akteur Charles Levin is vermoedelik in Oregon in Amerika gevind. Levin (70), bekend om reekse soos Alice en LA Law, het verlede week vermis geraak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.