Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 17 Februarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 17 Februarie 2020. 

1. ‘Xander het beplan om Sharnelle te vermoor’ –regter

Xander Bylsma (20) het die aand van 25 Mei 2018 doelbewus tot in die vroeë oggendure in Stella rondgehang om seker te maak almal slaap totdat hy sy plan uitgevoer het om Sharnelle Hough (17) te vermoor.

Lees ook:

2. Moody’s sny SA groei tot onder 1% oor beurtkrag

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die verwagting oor Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers vir 2020 tot onder 1% gesny. Die vorige verwagting, in November, was 1%. 

3. FW sê jammer oor apartheid-stelling

Die FW de Klerk-stigting het sy verklaring dat apartheid nie ’n misdaad teen die mensdom was nie, onvoorwaardelik teruggetrek.

4. Dít is wat staatsrede en Superrugby in gemeen het

Die staatsrede is soos om die Queensland Reds teen die Nieu-Seeland Highlanders te sien speel – min aksie met ewe min werklike substansie, skryf Pieter Labuschagne.

5. Sonder selfoonsein? Dis sindikate se skuld

As jou selfoonsein in die donkerte van beurtkrag verdwyn, moenie dadelik die fout voor jou diensverskaffer se deur lê nie.

6. Meisie (4) dood toe staalhek buite huis op haar val

Die polisie ondersoek ’n voorval waarin ’n swaar staalhek Saterdag op ’n vierjarige meisie geval het.

7. Bootpassasier toets positief vir virus ná sy vlug haal

’n Amerikaanse vrou wat in Kambodja van die passasierskip MS Westerdam aan wal kon gaan nadat vyf lande die skip uit vrees vir Covid-19 toegang geweier het, is positief vir dié nuwe virus getoets.

8. Eskom pak wanbetalers in die Vrystaat

In Letsemeng sal die krag dus van 20 Februarie tussen 06:00 en 20:00 af wees tot en met die munisipaliteit begin betaal.

9. GRAFIKA: Só raak DStv in April duurder

MultiChoice stoot op 1 April oudergewoonte die prys van DStv op, maar net sommige pakkette word daardeur geraak.

10. Bek-en-klouseer: Verbod op veilings opgehef

Die landwye verbod op die veiling van diere met gesplete hoewe weens die uitbreek van bek-en-klouseer in veral Limpopo, is met streng voorwaardes opgehef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.