Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag, 17 Junie 2019

Netwerk24 se versameling moet-lees-stories vir Maandag, 17 Junie 2019. 

1. Dirco kry Zindzi nêrens oor haar omstrede twiets

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) probeer al sedert Vrydag sonder sukses om kontak met Zindzi Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur in Kopenhagen, Denemarke te maak.

2. ‘Hulle het met verkeerde mense gemors, ’ sê man ná aanval

Daardie aanvallers het met die verkeerde mense gemors, sê Hasie Terreblanche (68) van Saldanha wat Saterdag net voor 20:00 deur drie mans op sy neef se plaas in Citrusdal in die Wes-Kaap aangeval is.

3. SAUK ‘kan van lug verdwyn’ weens geldnood

Vir die tweede keer in soveel maande word die vrees geopper dat die SuidAfrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se radio- en TV-stasies van die lug gaan verdwyn.

5. Broers sterf saam buite Hoopstad

HC en Stephan de Bruyn, twee broers van Hoopstad in die Vrystaat, is Maandagoggend in ’n ongeluk buite die dorp dood. HC en Stephan, die kinders van Herman en Charleen de Bruyn, was volgens Willem van Zyl, die De Bruyn’s se buurman, op pad van die familie se wildplaas na hul ouerhuis op ’n ander plaas.

6. Demokrate se tameletjie oor Trump

Die druk van die Demokratiese Party se linkervleuel om pres. Donald Trump formeel in ’n staat van beskuldiging te stel, neem steeds verder toe. Dit sorg vir ernstige verdeeldheid in die party, maar maak die Republikeine ook benoud. Leopold Scholtz ontleed die saak.

7. ‘Varkhonde is tawwe diere’ sê vrou wat Triton help

Triton, die bulterriër van Prieska in die Noord-Kaap wat sy eienaar beskerm het toe twee mans hom in sy plaashuis wou aanval, laat nie dat drie diep messteke hom stuit nie.

8. Woodland wen Amerikaanse Ope

Die 35-jarige Gary Woodland kan homself 'n major-kampioen noem na hy sy Amerikaanse landgenoot Brooks Koepka Sondag van groot geskiedenis weerhou het

9. SAL-vlieëniers dreig om te staak oor nuwe baas

Vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) oorweeg dit vir die eerste keer in die 80-jarige bestaan van hul vakbond om te staak.

10. Leeus in sop oor hul nie by reëls hou

Die Leeus is in die sop by Sanzaar met die beheerliggaam van die Superreeks wat ondersoek gaan instel oor die Leeus se verbreking van Superrugby se reëls wat vereis dat spanne ten minste 48 uur voor wedstryde bekend gemaak moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.