Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 18 Januarie 2021.
Die bestuurders van twee gewilde restaurante in Sandton en Silverton, Pretoria, is die naweek in hegtenis geneem omdat hulle glo drank aan klante verkoop het.
Die klagte teen 'n pa van Centurion wat vroeër die maand in hegtenis geneem is omdat hy glo die aandklokreël oortree het, is teruggetrek en nie eens op 'n hofrol geplaas nie.

Naas le Roux, sy vrou, Natasha, en hul 12 dae oue baba Ariana Maandagoggend op 'n nuuskonferensie by AfriForum se kantoor in Centurion. Foto: Deaan Vivier
Helpmekaar Kollege in Johannesburg het die afgelope naweek sy besluit om Maandag met kontaklesse voort te gaan heroorweeg.
Mense wat skuld het, moet eerder nie staatmaak op ’n verlaging van die rentekoers Donderdag nie – en waarskynlik ook nie vir die res van die jaar nie.
Thomas Markle, vervreemde pa van Meghan, hertogin van Sussex, beplan volgens ’n eksklusiewe berig in die Britse poniekoerant The Sun ’n dokumentêre program oor sy en Meghan se lewe.
Suid-Afrika sal waarskynlik nog een of twee vlae van die koronavirus beleef voordat ’n substansiële deel van die bevolking ingeënt is. Hierdie is die foute wat die regering gemaak het, skryf die bekroonde entstofkundige prof. Shabir Madhi.
Nog vier deelnemers aan die Australiese Ope is positief vir Covid-19 getoets.
Die Instituut van Rasseverhoudinge (IRR) reken “eenvoudige en praktiese oplossings” kan beurtkrag tot ’n einde bring, en dit is presies wat hy met sy nuwe veldtog wil bereik.
’n Boer van Dewetsdorp wat in 2019 twee dae voor Kersfees ’n plaasaanval op hul plaas, Franskraal, waarin hy en sy vrou erg aangerand is, wonderbaarlik oorleef het, het Saterdag aan Covid-19 gesterf.
Dit word beskryf as die naaste wat jy aan ’n militêre ontplooiing in Amerika sal sien.