Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 19 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 19 April 2021.

1. KYK: So lyk UK-biblioteek voor en ná brand

Van die waardevolle versamelings in die Universiteit van Kaapstad (UK) se Jagger-biblioteek is heeltemal vernietig en die leeskamer is in puin gelê in ’n verwoestende brand wat sedert Sondag in Kaapstad woed.

Die Jagger-biblioteek brand Sondagmiddag.

2. Piet Retief: ‘Ek't nie geskiet nie,’ sê beskuldigde

Daniel Cornelius Malan (38), een van die ses beskuldigdes wat tereg staan op aanklagte van moord op twee broers op ’n plaas in Piet Retief, voer aan hy het nie ’n enkele skoot afgevuur nie.

3. KYK: Foto van kollegas ure voor raaisel-dood

Die familie van die enkelma van drie klein kinders van Pretoria wat Saterdagoggend saam met twee kollegas dood in ’n dubbelverdiepinghuis in Menlo Park gekry is, soek antwoorde oor wat tot haar dood gelei het.

4. AB dalk dán terug in Proteas

Die kanse raak al hoe groter dat AB de Villiers tot internasionale krieket gaan terugkeer. Trouens, as als goed gaan, kan hy reeds teen Junie weer vir die Proteas speel.

5. Sprinkane op pad laat bakkie gly, vrou sterf

’n Vrou is die naweek dood in een van verskeie ongelukke op die N10 buite Upington weens ’n ernstige sprinkaanplaag in die Noord-Kaap.

6. Elma Smit en span beroof toe hulle rugbyster besoek

Meer as R500 000 se toerusting is gesteel toe die bekende sportaanbieder Elma Smit en haar span Saterdag die slagoffers van ’n gewapende rooftog was.

7. Covid-19: Verminder oefening regtig die risiko?

Verminder oefening regtig die risiko’s wat met Covid-19 verband hou? ’n Nuwe studie in Amerika sê dit is beslis die geval, skryf Jamie Hartmann-Boyce.

8. ‘Parlement moet SA om verskoning vra’ – speaker aan Zondo

Die parlement moet verskoning vra aan die mense van Suid-Afrika. Só het Thandi Modise, speaker in die parlement, Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. Die verskoning is nodig omdat die parlement sy voete gesleep het nadat bewerings van die Guptas se betrokkenheid by staatskaping aan die lig gekom het en dit nie vroegtydig ondersoek is nie.

9. Mike Schüssler: Hoekom SA sy jong talent verloor

Die geskiedenis van die wêreldekonomie is een van die beste plekke waar jy oor die toekoms kan leer.

10. KYK: Leeu se brul laat man vinnig ja-woord vra

Die laaste ding waarvan Sandy Bosman kon droom, was dat haar beminde, John Peiser, sy knie op die maat van ’n maanhaarleeu se gebrul in die Kalahari sou buig om haar om haar hand te vra.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.