Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 19 November 2019

As die Maandag te vinnig verbygeflits het en jy nie tyd gehad het vir nuusgebeure nie, skop gerus vanaand jou skoene uit en lees Netwerk24 se 10 moet-lees-stories. 

1. Dié banke het aandeel in staatskaping, sê Hain

Internasionale banke moet aanspreeklikheid aanvaar vir die rol wat hulle in staatskaping in Suid-Afrika gespeel het, sê lord Peter Hain.

2. SAL-baas: ‘Ons vliegtuie ís veilig’

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SuidAfrikaanse Lugdiens (SAL), het Sondagaand in ’n verklaring gesê dat die vakbonde Numsa en Sacca se stellings dat die lugdiens se vliegtuie onveilig is, heeltemal onwaar is.

3. Uitslag van Bishops-verslag vir eers teruggehou

“Ek glo nie daar is bewyse dat Fiona ’n misdaad gepleeg het nie, en daarom is daar geen grondslag vir enige strafregtelike klag nie.” So sê William Booth, die prokureur van Fiona Viotti (30) wat aangekla word van seksuele wangedrag met skoolseuns van die Bishops-seunskool in Rondebosch.

4. Dale: ‘Graeme kon soveel vir jonges beteken het’

Dis ’n reuseverlies vir Krieket Suid-Afrika (KSA) dat Graeme Smith besluit het om hom aan die wedloop vir die pos as direkteur van krieket te onttrek, sê Dale Steyn.

5. Annel Snyman: Dokter sluit selfdood uit, sê aanklaer

“Wanneer die duiwel hard agter jou familie aan is, dan druk jy harder terug. Jy bid en jy het lief met alles wat jy het. Genade wen elke keer.” Dit is ’n plasing van Liezel Luus, gewese vrou van die moordbeskuldigde Chris Luus (44) van Bela-Bela in Limpopo, op haar Facebook-blad. Dit is nadat Luus verlede week in die landdroshof in Colenso in KwaZulu-Natal in verband met die moord op sy vriendin, Annel Snyman (38), verskyn het.

6. Siya Stormers se kaptein, maar...

Siya Kolisi sal ’n blaaskans gegun word indien hy nie die Stormers strykdeur in volgende jaar se Superrugby-reeks wil aanvoer nie. Tog hoop die afrigter van dié Kaapse Superrugby-span, John Dobson, dat die Springbok-kaptein ondanks al sy verpligtinge opgewasse sal voel vir die taak.

7. Gupta-vliegtuig mag nou verskuif, verkoop word

Die verkoop van die Gupta-vliegtuig waarvoor hy die lening verskaf het, kan voortgaan noudat litigasie tussen hom en ’n Gupta-maatskappy in Brittanje afgehandel is, het Export Development Canada (EDC), Kanada se uitvoerkredietagentskap, bevestig.

8. Kovsie-krieketspeler se hart gaan staan skielik

’n Jong, belowende krieketspeler van Kovsies se loopbaan is in die weegskaal nadat sy hart voor ’n krieketoefening vir sowat vyf minute gaan staan het.

9. Cyril verwelkom swaar vonnis vir Uyinene-moordenaar

Die drie keer lewenslange tronkstraf wat die student Uyinene Mrwetyana se verkragter en moordenaar opgelê is, is volgens pres. Cyril Ramaphosa gepas vir dié gruwelike misdaad.

10. KYK: Folau sê veldbrande is ‘God se straf’

Die voormalige Wallaby-ster Israel Folau word veroordeel vir sy uitlatings dat Australië se krisis met veldbrande verband hou met die land se wetgewing oor aborsie en selfdegeslaghuwelike.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.