Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 2 Augustus 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 2 Augustus 2021.

1. Vir Tatjana vat ek oorlog toe, sê afrigter

tatjana schoemaker
Renske Schoemaker verwelkom sy dogter, Tatjana Schoenmaker, Maandagmiddag terug in Suid-Afrika. Foto: Deaan Vivier

Dit het nog nie regtig tot Tatjana Schoenmaker deurgedring dat sy nou ’n Olimpiese kampioen en Suid-Afrikaanse sportheldin is toe sy Maandagmiddag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg se internasionale aankomssaal ingestap het nie. Maar eintlik, sê sy, gaan dit nog veel langer vat om haar van die grootsheid wat sy bereik het te oortuig.

2. Gee so swemmer ’n tjoppie, nee, sommer ’n hele skaap!

’n Oud-Springbok-borsslagswemmer en skaapboer van die Vrystaat gaan ’n skaap aan die Spele-medaljewenner Tatjana Schoenmaker en haar mense skenk. “Want sy het mos in ’n onderhoud gesê sy wil braai.”

3. Brittanje hou SA op rooilys

Suid-Afrika bly op Brittanje se rooilys van lande waarheen Britte afgeraai word om nou te reis, terwyl Duitsland op sy beurt sý regulasies oor die land verslap het. Die Britse regering sê onder meer reise na rooilyslande moet eerder nie geneem word nie, tensy dit noodsaaklik is.

4. Sinckler kan lank geskors word vir bytery

Kyle Sinckler word deur Herschel Jantjies vasgevat in Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus in die Kaapstad-stadion. Foto: Getty Images

Kyle Sinckler, die stut van die Britse en Ierse Leeus wat uitgewys is nadat hy na bewering die Springbok-slot Franco Mostert gebyt het, word deur ’n lang skorsing in die gesig gestaar.

5. Ramaphosa dan weer voor Zondo-kommissie

Pres. Cyril Ramaphosa getuig op 11 en 12 Augustus weer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

6. Kind (3) val hom dood by sentrum in Bloemfontein

’n Gesin van Bergman Square in Bloemfontein is in rou gedompel nadat hul driejarige seun hom Sondag by ’n winkelsentrum in die stad doodgeval het.

7. Medupi is klaar: R122 miljard en 14 jaar later

Die Medupi-kragstasie in 2015 onder konstruksie . Foto: Gallo Images

R122 miljard en 14 jaar later. Dit is hoeveel dit gekos en hoe lank dit geneem het vir Eskom om die Medupi-steenkoolkragstasie naby Lephalale in Limpopo te voltooi. “Hierdie mylpaal is die einde van alle bouaktiwiteite van die 4,764 MW-projek wat in Mei 2007 begin het. Die beplande lewensdu

8. NVG in W-Kaap verloor 3 kollegas in 1 week

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap het in een week drie van sy personeellede aan die dood afgestaan.

9. Lang-Covid en sy simptome

Simptome wat jy ondervind ná besmetting met die koronavirus, kan dui op ’n blywende siekte, skryf Shamil Haroon en Olalekan Lee Aiyegbusi.

10. ‘Eendag sal jou smart ligter word’

Bridget McNulty, skrywer van ‘The Grief Handbook’. Foto: Verskaf
Ons leef in ’n tyd waarin smart alomteenwoordig is, maar ons weet nie hoe om dit te hanteer nie, sê Bridget McNulty, skrywer van The Grief Handbook, aan Murray La Vita.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.