Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 2 Desember 2019

Hier is vandag se 10 moet-lees stories op Netwerk24.

1. Skokvideo: Man helderoordag buite Pta-winkelsentrum geskiet

’n Man is Maandagoggend helder oordag in die parkeerterrein van die Menlyn Maine-winkelkompleks in Pretoria geskiet. Wees gewaarsku: beeldmateriaal mag sensitiewe kykers ontstel.

2. Bylsma oor ‘teenstrydige getuienis’ geroskam

Die staat het Xander Bylsma (20) Maandag geroskam weens sy teenstrydige getuienis, onder meer oor wanneer hy waar was tydens en kort ná die Stella-moorde. Adv. Sakkie Nel, sy regsverteenwoordiger, het toe getuienis in die hooggeregshof in Mmabatho aangebied wat deels klop met Bylsma se jongste weergawe oor sy bewegings.

3. Bishops-seksskandaal: Juffrou omgekrap en ontsteld

Fiona Viotti, voormalige onderwyseres by Bishops College in Rondebosch, was Maandag nog ontsteld en omgekrap ná die nuus dat die skool se ondersoek haar skuldig bevind het aan “seksuele wangedrag” met leerlinge van die skool

4. Vodacom, MTN móét data tot 50% goedkoper maak

Vodacom en MTN moet onmiddellik die prys van data met tot 50% verlaag, of hulle word deur moontlike vervolging in die gesig gestaar.

5. KSA-raad moet ‘bloeding’ keer, vra Saca

Die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca) het Maandag ’n beroep gedoen op Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad van direkteure om op te tree en die spel in die land teen verdere skade te beskerm.

6. Doodskis-2 kan reeds in Februarie parool kry

Die sogenaamde doodskis-twee kan reeds in Februarie volgende jaar vir parool in aanmerking kom, afhangende daarvan of hulle goeie gedrag in die tronk getoon het

7. DA looi Cyril oor sy uitlating oor dwangarbeid

Pres. Cyril Ramaphosa se uitlating die naweek in Limpopo oor dwangarbeid as straf vir mans wat aan misdade teen vroue en kinders skuldig bevind word, is in stryd met die Grondwet.

8. Dhlamini word lid van AfriForum

’n Swart navorser verbonde aan die Vryemarkstigting het uiteenlopende reaksie ontlok nadat hy op Twitter aangekondig het dat hy hom as lid van AfriForum aangesluit het

9. Amsa: Ons sal Saldanha Staal verkoop, maar...

Nie een van die twee aanbiedinge wat die departement van handel, nywerheid en mededinging sê ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) vir Saldanha Staal moet oorweeg, maak kommersieel sin nie.

10. Oscar wink vir Zellweger in rol as Judy Garland

Renée Zellweger se kans om volgende jaar met ’n Oscar as beste aktrise bekroon te word, is ná vroeëre voorspellings verder bevestig toe sy Sondag die British Independentrolprentprys vir haar vertolking van Judy Garland in die fliek Judy ontvang het. Dié pryse is elke jaar ’n sterk aanduiding van die Oscar-wenners

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.