Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Maandag 20 Mei 2019

As die Maandag dalk net te dol was en jy nog nie 'n kans gehad het om na die nuus te kyk nie, loer dan gerus hier na 'n oorsig van die dag se belangrikste nuusgebeure waarvan jy moet kennis neem.

Rob Packham
Rob Packham

1. OORSIG: Rob Packham is skuldig

Rob Packham (58) is skuldig bevind deur regter Elize Steyn. Packham is daarvan verdink dat hy sy vrou, Gill, tussen 21 en 22 Februarie 2018 by hul huis in Constantia, Kaapstad, vermoor het en toe haar lyk in die kattebak van haar motor by die Dieprivier-treinstasie verbrand het.

2. KYK: Harde woorde buite hof in Hofmeyr-vlagsaak

Woorde het Maandagoggend reeds buite die hof geval tussen die regspanne van die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr en dié van die sogenaamde "vlagaktivis" Johan Pienaar van Stellenbosch.

3. Lesufi kap dié wat vir Afrikaans baklei

“Geen rassis gaan in ons pad staan om ’n nierassige onderrigstelsel te skep nie,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Sondag by die departement se kantoor in Johannesburg gesê.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Gallo Images

4. OORSIG: Ondersteuners wag buite hof vir Zuma

Oudpres. Jacob Zuma doen vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoek om sy vervolging op aanklagte van korrupsie, bedrog, rampokkery en geldwassery permanent gestaak word.

5. Reën sous neer op Kaapstad, 71 mm by Kirstenbosch gemeet

Die reën het Sondagaand, deur die nag en Maandagoggend vroeg behoorlik oor Kaapstad en dele van die Wes-Kaap uitgesak.

6. Google op Huawei-fone verbied: Hoe raak dit jou?

Huawei en Google se paadjies gaan skei. Die Amerikaanse tegnologiereus het volgens bronne besluit om gehoor te gee aan pres. Donald Trump se opdrag verlede week wat plaaslike maatskappye verbied om onderdele of programmatuur aan dié Chinese slimfoonvervaardiger te lewer.

Mense se skaduwees op ’n advertensie bord van Huawei. Foto: Bloomberg

7. Waarom ek nie vir Boer Damian gaan skryf nie

Die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou is baie invloedryk en hy sal graag wil sien hoe dit met Boer Damian se toetrede die gay-identiteit gaan uitbeeld, skryf Adriaan Roets

8. Bestuurder hang homself glo ná bus in Welkom omslaan

’n Busbestuurder het homself glo Maandagoggend gehang nadat hy beheer oor ’n bus in Welkom in die Vrystaat verloor het en verskeie mense dood is.

9. 7 van sani2c sterf in ongeluk

Die organiseerders van die KAP sani2c-bergfietsren het bevestig dat sewe van hul personeellede Saterdagaand in ’n motorongeluk gesterf het.

10. GoT: Kyk wie sit op die ystertroon

Wees gewaarsku: hier lees jy op eie risiko oor Game of Thrones se slotepisode wat Maandag op M-Net uitgesaai word. Ná agt seisoene en 73 episodes het dié fantasie-drama op HBO Sondagaand in Amerika tot ’n einde gekom.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.