Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Maandag 21 Oktober 2019

Hiermee Maandag 21 Oktober 2019 se 10-moet-lees-stories:

1. Faf de Klerk steek tong uit vir kritici

Die Springbokke se afrigtingspan het nog nooit in Faf de Klerk se vermoëns getwyfel nie. “Ons bly in die ouens glo, aangesien ons hulle gereeld sien oefen,” het Rassie Erasmus ná De Klerk se Speler van die Wedstrydvertoning in die sege van 26-3 oor Japan in die Wêreldbekerkwarteindstryd in Tokio gesê.

CHOFU, JAPAN - OCTOBER 20: Faf De Klerk of South A
Faf de Klerk. Foto: Getty Images

2. Dosent dood nadat hy in sloot op kampus val

’n Dosent aan die Noordwes-universiteit (NWU) is die naweek in ’n fratsongeluk dood. Rudi van de Venter (48), ’n dosent verbonde aan die fakulteit opvoedkunde, het in die vroeë oggendure van Saterdag in ’n sloot op die universiteit se kampus in Potchefstroom geval wat onlangs vir herstelwerk gegrawe is.

3. Mashaba bedank as DA-raadslid en burgemeester

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandagoggend sy bedanking op ’n mediakonferensie in Braamfontein aangekondig. Die metro het dié nuus op Twitter bekend gemaak en sê sy bedanking sal van 27 November van krag wees.

Herman Mashaba

4. Mango-passasier pen man vas wat Toks se vrou glo klap

Toe die Johannesburgse sakeman Gary Broomberg op Saterdag 12 Oktober op die Lanseria-lughawe in die noordweste van die stad vir sy vlug aanmeld, was dit sy voorneme om in Kaapstad te gaan sake doen. Hy het nie vir ’n oomblik gedink dat hy op die einste vlug ’n “gewelddadige” mede-passasier soos ’n wafferse polisieman onder beheer sou moes bring nie.

Carol van der Linde saam met sakeman Gary Broomberg, wat haar van ’n vermeende aanrander op die vliegtuig gered het. Foto: Facebook/ Carol van der Linde

5. KYK: Só is man verwyder wat Toks se vrou glo klap

Die man wat die oud-Springbok Toks van der Linde se vrou, Carol, op ’n vlug van Johannesburg na Kaapstad geklap en ’n “horrible bitch” genoem het, is onder passasiers se luide toejuiging deur polisielede van ’n Mango-vliegtuig af begelei.

6. Bishops-onnie ‘kan dalk nooit weer klasgee’

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (Saro) sê hulle sal ook ’n ondersoek doen na beweerde seksuele wangedrag deur ’n onderwyseres van die Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad.

7. Guptas se Koornfontein-myn kry koper

Die Guptas se Koornfontein-steenkoolmyn het waarskynlik ’n nuwe eienaar, met ’n staatsbeheerde firma deel van die konsortium wat dit uitkoop.

8. KYK: Harry, Meghan ‘op breekpunt’ , wil na Afrika trek

Prins Harry wens hy en sy gesin kon in Afrika kom woon, selfs in ’n stad soos Kaapstad wat hy as “ongelooflik” beskryf. Dít is een van die dinge wat die prins Sondagaand in ’n nuwe TV-dokumentêr, Harry & Meghan: An African Adventure, gaan verklap.

Harry, Meghan en Archie op 25 September tydens hul onlangse Afrika-toer. Foto: Samir Hussein

9. Antwoord my, Roelf en FW ...

Ken jy die bokser-grappie? Terwyl die bokser se opponent hom aanmekaar hard slaan, sê sy afrigter tussen rondes vir hom dat dit baie goed gaan. “Jy wen; hy slaan heeltyd mis.” Teen die vyfde ronde vra die bokser vir die afrigter: “As dit nie hy is wat my so slaan nie, moet jy die skeidsregter dophou,” skryf Pieter Mulder.

10. Nóg ’n beurt-nederlaag SA se voorland

’n Tweede agtereenvolgende beurt-nederlaag staar die skandelike swak Proteakrieketspan in die gesig. Maar die lyding is darem amper verby. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.