Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 24 Februarie 2020

1. Gru-ongeluk wat ma eis: Strafbare manslag ondersoek

’n Aanklag van strafbare manslag word ondersoek nadat ’n 29-jarige ma Maandagoggend dood en haar sewejarige seun ernstig beseer is in ’n ongeluk op die Contermanskloofpad naby Durbanville by Kaapstad.

2. Gemeenskap in rou ná fratsongeluk boer van Coligny eis

Nico Kilian (28) was ’n avontuurlustige boerseun in murg en been wat voluit geleef het en wie se hart oop was vir sy medemens.

Nico Kilian, sy vrou, Ané, en hul hond, Kwagga, op hul plaas naby Coligny in Noordwes.

3. NGV: Huidige situasie nié aanvaarbaar, sê Cyril

Een van die tragiese werklikhede van ons tyd is dat toegang tot ordentlike en gehalte-gesondheidsdienste bepaal word deur iemand se vermoë om daarvoor te kan betaal, sê pres. Cyril Ramaphosa.

4. Moodey: DA was by tye sy eie grootste vyand

Die manier waarop die DA in die verlede soms sensitiewe kwessies hanteer het, het dikwels gelei tot ’n interne bakleiery en só was dié party dan ook sy eie grootste vyand, sê John Moodey, Gautengse leier.

5. Kreefseisoen verleng ná virus in China prys ruk

Die seisoen vir die vangs van Weskus-kreef is verleng omdat die uitvoerprys weens die uitbreking van Covid-19 in China aansienlik gedaal het.

6. Onnie van Katolieke skool verkrag glo leerling (13)

’n 33-jarige onderwyser van ’n Katolieke skool op ’n groot Wes-Kaapse dorp is geskors nadat hy glo vroeër vandeesmaand ’n 13-jarige leerling van dié skool verkrag het.

7. 2 vasgetrek wat boer (92) glo aanval en beroof

Boere in Noordwes het Sondag binne ure nadat ’n 92-jarige boer aangerand en beroof is, twee vermeende plaasaanvallers vasgetrek.

8. Google waarsku eienaars van nuwe Huawei-fone

Google het eienaars van nuwe Huaweifone gewaarsku om nie te probeer om enige van sy apps te installeer nie, want dit hou ’n veiligheidsrisiko in.

9. Affies se Witblits vermorsel skole-rekord in aflos

Teken gerus die name van Björn van Wyk, André Erasmus, Joshua Nel en Eckhart Potgieter aan.

10. Nuwe fees vir klassieke musiek blom in Bloem

’n Nuwe musiekfees wat die kollig geheel en al op klassieke musiek plaas, gaan binnekort in die Rosestad blom.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.