Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 26 Julie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 26 Julie 2021.

1. 18-plussers kan vanaf 1 September registreer én inent

Registrasies en inentings vir mense van 18 tot 34 jaar oud sal op dieselfde dag, 1 September, open. Nicholas Crisp, adjunkdirekteur-generaal van die departement van gesondheid, sê hulle het uit ervaring met vorige ouderdomsgroepe geleer dat mense sommer op die dag wat hulle registreer ook ingeënt wil word.

2. Ná Phoenix: Tyd vir eerlike gesprekke oor ras, sê Cyril

Rassisme in Suid-Afrika en die klaarblyklik rasgedrewe Phoenix-slagting in KwaZuluNatal, waar jare lange bure teen mekaar gedraai het, is ’n kwessie wat aandag móét kry, sê pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief. In dié woongebied, noordwes van Durban, het die geweld tussen swart en Indiërinwoners – waarna nou as die Phoenix-slagting verwys word – tot die dood van minstens 110 mense gelei.

3. Aspen-entstof is hier; aandeel hoogste in 3 jaar

Aspen Pharmacare het eindelik sy eerste besending Johnson & Johnson-entstof beskikbaar gestel.

Die farmaseutiese maatskappy Aspen se aandeelprys het Maandag sy hoogste vlak in byna drie jaar bereik nadat hy aangekondig het die eerste besending van die Johnson & Johnson-entstof wat hy help vervaardig het, verlaat Maandag sy fabriek.

4. Koo: 20 m. blikkies groente herroep

Tiger Brands onttrek tot 20 miljoen blikkies van sy Koo- en Hugo- ingelegde groente aan die mark. Dit volg op lekkasies by van die blikkieskos wat Tiger Brands se kruidenierswareafdeling in Mei ontdek het.

5. Blitsbokke nog onoorwonne, maar nie oorgerus

Selvyn Davids word platgetrek in die Blitsbokke se wedstryd teen Kenia. Foto: Getty Images

Die versoeking is groot om jou blind te staar teen die magdom foute wat die Blitsbokke in hul laaste wedstryd op die eerste dag van die sewesrugbytoernooi in die Olimpiese Spele gemaak het.


6. Nuwe R350-toelae goeie nuus vir arm ma’s

Duisende ma’s in arm huishoudings wat weens die Covid-19-pandemie sukkel om werk te kry, sal nou vir die eerste keer vir die spesiale noodverligtingstoelaag van R350 per maand aansoek kan doen.

Lees ook:

7. Wynplase: Jy mag wyn oor naweke proe én koop

Hoewel drankwinkels steeds beperk is wat betref die dae en tye wat hulle drank mag verkoop, mag wynplase oor naweke wyn verkoop. Die regulasies wat oornag in die Staatskoerant gepubliseer is, is onduidelik hieroor, maar Christo Conradie, Vinpro se bestuurder vir wynkelders, het aan Netwerk24 bevestig wynplase mag oor naweke met al hul bedrywighede, soos wynproe én wynverkope, voortgaan. Dieselfde geld mikrobrouerye en -distilleerderye.

8. Rassie kla op Twitter oor Kolbe-voorval

Cheslin Kolbe bemeester ’n hangskop in die Springbokke en Britse en Ierse Leeus se eerste toets in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Een ding is seker ná Saterdag se eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus: Die volgende twee weke sal nie – op of van die veld af – ’n saai affêre wees nie. Rassie Erasmus het hom Maandag weer tot Twitter gewend om die ontevredenheid in die Springbok-kamp subtiel aan die groot klok te hang.

9. ‘Chaos’: Krisis in hawens weens krakers kring uit

Hoewel Transnet die bron geïdentifiseer het van die kuberkrakery wat sy IT-stelsels verlam, staan die land se hawens steeds byna botstil. Kuberkrakers het Donderdag toegeslaan op Transnet se IT-stelsels en die staatsonderneming verlam.

10. KYK: Diana se broerskind asemrowend toe sy, SA'ner trou

kitty spencer
Lady Kitty Spencer en haar Suid-Afrikaanse bruidegom, Michael Lewis. Foto: Facebook/Royal Style: Fashion and Jewels

Lady Kitty Spencer is Saterdag in ’n asemrowende Victoriaans-geïnspireerde skepping deur die Italiaanse modehuis Dolce & Gabbana met die skatryk SuidAfrikaanse sakeman Michael Lewis (62) getroud. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.