Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 26 Oktober 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 26 Oktober 2020.

1. Sakeliggaam braak gal oor vlak 3-gerugte

Sprake dat ’n strenger vlak van inperking heringestel gaan word, is “onaanvaarbaar”, het die organisasie Business for Ending Lockdown (B4EL) Maandag gesê.

2. Toneel ‘vreemd’ waar oorlogsheld vermoor is

’n Held uit die Brug 14-veldslag tydens die Suid-Afrikaanse Weermag se Operasie Savanah in die destydse Grensoorlog in Angola en een van die min wat met ’n Honoris Crux- goue medalje vir dapperheid vereer is, het geen enkele woord hieroor aan sy buurman van die afgelope dekade gerep nie.

3. 'Zondo moet mense soos Ace dwing om te getuig'

Die Zondo-kommissie moet beweerde sleutelrolspelers in staatskaping dwing om te kom getuig voordat dié kommissie sy werksaamhede staak. Dít is die pleidooi van die Civil Society Working Group (CSWG), wat bestaan uit ’n groep burgerregteorganisasies, in ’n brief aan adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie

4. Bafana-kaptein: Wapen ‘met moord verbind’

Een van die vyf mense wat Maandag in hegtenis geneem is in verband met die moord op die voormalige Orlando Pirates- en Bafana-Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, het moontlik self die sneller getrek.

5. Polisie het dalk reeksmoordenaar in Wolseley beet

Die polisie gaan vandag na nóg lyke soek as deel van ’n ondersoek na die aktiwiteite van ’n moontlike reeksmoordenaar in Wolseley in die Kaapse Wynland-distrik. Die polisie het die naweek drie lyke gekry en ’n 33-jarige man is Saterdagaand in hegtenis geneem

6. Nommerplaat glo rede dat polisie op boer skiet

’n Vrystaatse boer van die Dewetsdorp-distrik is Donderdag in die vroeë oggendure in die nek geskiet toe polisielede op patrollie glo ’n “verdagte” voertuig van die pad af wou trek.

7. Welvaarttaks kan Tito se begroting help klop

Tito Mboweni, minister van finansies, sal geld iewers moet vind om die ekonomie te help herstel van sy langste resessie in drie dekades, en om staatsondernemings te red met ’n begroting wat die grootste tekort sedert 1914 sal toon.

8. Lof stroom in vir Lewis ná rekord

Net twee weke nadat hy in Duitsland Michael Schumacher se 91 Formule Eenoorwinnings geëwenaar het, het Lewis Hamilton met nóg ’n skitterende vertoning in Portimao sy naam in motorsport-geskiedenis verewig.

9. Pieter-Steph res van jaar uit

Die Stormers en Westelike Provinsie gaan na verwagting vir die res van die jaar sonder die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit oor die weg moet kom

10. SA skrywer se boek word internasionale TV-reeks

Die Suid-Afrikaanse skrywer T.C. Farren het eers op 50 begin skryf en reeds met haar derde roman nie net die internasionale boekwinkels gehaal nie, maar The Book of Malachi is ook as ’n internasionale TV-reeks opgeraap.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.