Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 27 Januarie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 27 Januarie 2020.

1. Lesufi eis antwoorde ná moord op leerling

Laticia Jansen
Laticia Jansen

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, eis antwoorde van die Graceland Education Center in Germiston nadat Laticia Jansen (14), ’n gr. 9-leerling aan die skool sedert Woensdag vir drie dae afwesig was sonder dat iemand iets vermoed het en nadat haar ouma Lynette, Donderdag, ’n dag ná haar verdwyning by die skool was om haar as vermis aan te meld.

2. Graan SA: Mathews praat oor aanval op sy plaas

Dit is onaanvaarbaar dat ’n mens so iets in ’n beskaafde land moet beleef. So het Derek Mathews, visevoorsitter van Graan SA, Maandag gesê terwyl hy en sy familie nog tot verhaal gekom het ná ’n plaasaanval Saterdagaand op sy plaas naby Sannieshof in Noordwes. 

3. N1-jaer in hof, ‘kan tronk toe gaan’

Die man van Midrand wat in die vakansietyd in ’n Audi teen 308 km/h op die N1- hoofweg gejaag het, word deur tronkstraf in die gesig gestaar,” sê die Gautengse verkeerspolisie.

4. DA daag 1ste burger in Tshwane voor tugverhoor

Die DA gaan sy beleërde burgemeester in Tshwane, Stevens Mokgalapa, voor ’n tugverhoor van die party se federale regskommissie daag.

5. Eise teen staatshospitale nou R104 mjd

Eise vir mediese nalatigheid teen gesondheidsdepartemente in die provinsies beloop altesaam R104 miljard, toon ’n verslag wat Maandag deur die nieregeringsorganisasie Health Systems Trust uitgereik is.

6. Deloitte vra: Wat behoort grootbase te verdien?

Wat is ’n billike salaris vir ’n grootbaas in Suid-Afrika? Dis die sleutelvraag wat die ouditfirma Deloitte in sy nuutste verslag oor uitvoerende hoofde se vergoeding vra.

7. Regter: ‘Dudu Myeni mors geld’

Dudu Myeni

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), mors geld wat sy nie het nie.

8. Nederland vra Jode verskoning oor sy rol in Holocaust

Die Nederlandse premier het Sondag op die herdenkingsdag van die volksmoord op die Jode om verskoning gevra dat sy land te min gedoen het om die vervolging van dié mense te beveg.

9. Vrou dood aan ystervarkies eet

'n Vrou van Australië is dood terwyl sy aan ’n kompetisie deelgeneem het om te kyk wie die meeste ystervarkies kan eet.

10. Enock se verhaal sny diep

Die ontsteltenis oor die argelose pligsversuim in die geval van Enock Mpianzi vind sterk aanklank in sy gesin, skryf Hennie van Deventer.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.