Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 29 Junie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories vir Maandag 29 Junie 2020.

1. Kinders só skade berokken terwyl kleuterskole wag

Kleuterskoolonderwysers en -eie­naars sit met die hande in die hare oor burokratiese reëls en die onsekerheid oor wanneer hulle weer kleuters mag inneem. Carla Lewis stel ondersoek in.

2. Werkloosheid van 50% kom al hoe nader

Suid-Afrika sit op ’n tydbom van werkloosheid. Byna vier miljoen mense is nou al geregistreer vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19Ters-skema.

3. Trump deel video waarin man dreunsing: ‘Wit mag!’

Pres. Donald Trump het ’n video waarin een van sy ondersteuners in Florida “wit mag’ op betogers van sy administrasie uitroep, hertwiet en toe later verwyder.

4. Beeld sê: Showmax se suurgesig-selfie skep slaggate

Showmax se onoorspronklike suurgesig-selfie, oor sy sensuuraksie teen flieks van een van die nasie se voorste grapjasse, Leon Schuster, skep meer slaggate as oplossings vir die samelewing wat ons probeer skep.

5. 6 uitvindsels wat SA’ners naam laat maak

Ses nuwe skeppings het die laaste jaar die lig gesien wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse innoveerders daarvan nou na die wêreldmark mik.

6. Hofmeyr se roman propvol wip en woema

Die kwesbares is so geslaagd dat ’n mens kompulsief wil voortblaai, maar dit laat ’n mens tog met ’n tergende vraag, skryf Jonathan Amid.

7. Frittelli 4de PGA-speler wat positief toets vir C-19

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Dylan Frittelli sal vandeesweek se Rocket Mortgage Classic-toernooi by die Detroit-buiteklub misloop nadat hy positief getoets is vir Covid-19.

8. Fita appelleer dalk teen tabakbesluit

Pleks van hul wonde lek, was die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) Maandag besig om ’n plan van aksie te beraam, wat ’n moontlike appèl insluit.

9. Restaurante soek nou antwoorde van minister

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) eis antwoorde van Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, oor hoekom mense nie drank in eetplekke mag bestel en gebruik nie.

Demi-Leigh Nel-Peters Foto: Facebook/Demi-Leigh Tebow

10. Demi-Leigh pronk met korter kapsel

Die pasgetroude Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal (nou Tebow), het Sondag haar 25ste verjaardag met ’n korter kapsel gevier.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.