Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 3 Mei 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 3 Mei 2021.

1. KYK: Cele in hof om Modack in boeie te sien

Die polisie se toplui het gekom om met hul eie oë te sien hoe Nafiz Modack, vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld, Maandag vir die eerste keer voor die hof gebring word.

Bheki Cele, minister van polisie, kom by die hof aan. Foto: Jaco Marais


2. Dawie Roodt: Goeie nuus, net waar jy kyk

Dit is wel waar dat daar baie in Suid-Afrika is om oor terneergedruk te raak.

3. 2 sterf toe helikopter in rivier neerstort

Twee mense is Maandagoggend dood toe 'n helikopter in die Umgeni-rivier langs die N2 in Springfield in Durban neergestort het.

helikopter


4. ‘Waak oor mediavryheid’ – president

Verlede week het pres. Cyril Ramaphosa die media voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping geloof vir die rol wat hy gespeel het om staatskaping aan die kaak te stel.

5. SA mis VN-teikens: 'Water word nie bestuur nie'

Suid-Afrika sal waarskynlik nie die Verenigde Nasies se skoon-water- en sanitasiedoelwit vir 2030 haal nie, skryf Jana Marx.

6. Opsystaan: 'Hoe langer dit sloer, hoe slegter lyk hulle'

’n Belangrike week breek aan vir die ANC, met al sy lede wat van ernstige misdaad aangekla word wat volgens sommige ontleders reeds ingevolge die veelbesproke ANC-resolusie opsy moes staan.

7. SA se aflosblitse het geglo hulle kon wen

Toe Akani Simbine die wenstreep Sondagaand ’n skrale 0.01 sekondes voor Brasilië se Paulo Camilo de Oliveira oorsteek, het Suid-Afrika ’n nuwe awesome foursome gekry.

Akani Simbine steek die wenstreep eerste oor in die mans se 4 x 100 m by die Wêreld-aflosbyeenkoms in Pole. Foto: Getty Images


8. Gruwels teen leeus op ’n einde

Die einde van die geblikteleeu­bedryf het aangebreek. Bewaringsorganisasies oefen al 24 jaar lank druk op die regering uit om die teel van leeus in aanhouding en newebedrywe – interaksie met leeuwelpies en die handel in hul beendere – te verbied.

9. KYK: Vernuftige helikopter(tjie) se foto’s van Mars

Ingenuity, die Mars-helikoptertjie, se eerste vier vlugte op die Rooi Planeet was so suksesvol dat dit voortaan operasioneel aangewend gaan word.

10. Klopjagte op ouditeure hier nadat wet gewysig is

Die Wysigingswet op Ouditberoepe wat beskryf word as ’n “noodsaaklike instrument in die stryd teen staatskaping en korrupsie”, is deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.