Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 30 November 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 30 November 2020.

1. KYK: ‘Dronk’ polisieman op video vandag in hof

Die polisiebestuur in Noordwes het in ’n verklaring sy afgryse oor die “onprofessionele en onwelvoeglike gedrag” van ’n konstabel van Wolmaransstad uitgespreek

2. Nortjé slagoffer van kwotateikens

Die snelbouler Anrich Nortjé het Engeland se topkolwers groot probleme besorg toe hy Sondag in die Paarl speelkans gegee is. Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA) se aggressiewe transformasieteikens maak dit vir die nasionale span bykans onmoontlik om meer as ses wit spelers in sy beginspan te kies. Daarom kon Anrich Nortjé nie Vrydagaand in die eerste T20-wedstryd teen Engeland speel nie

3. Benni McCarthy se broer aangekeer vir dwelmhandel

Die ouer broer van die sokkerster Benni McCarthy is die naweek vir dwelmhandel by sy huis in Parow-Noord, Kaapstad, in hegtenis geneem. Jerome McCarthy (47), wat voorheen vir Manning Rangers in Durban en Santos in Kaapstad uitgedraf het, is Maandag in die landdroshof in Bellville op borgtog van R100 000 vrygelaat.

4. NMB pleit vir strenger inperking weens verspreiding van virus

Die nasionale regering voer tans agter geslote deure gesprekke oor moontlike strenger beperkings in die Oos-Kaap terwyl die koronavirus in die Nelson Mandelabaai daagliks teen ’n vinnige tempo versprei.

5. Mike Schüssler: Só lyk pad na bankrotskap

Die laagste kredietgradering wat die land nóg gehad het, is ’n massiewe probleem en kan die “skielike” deel van bankrotskap versnel. Die goeie nuus is dat van die keuses wat die regering nou begin doen, soos om toe te laat dat meer krag deur ander opgewek word, ’n bietjie sal help, skryf Mike Schüssler in sy Sakesiening-rubriek. 

6. Soldate kan op vragmotorroetes ontplooi word, sê Cele

Die ontplooiing van meer polisielede op die vernaamste vragmotorroetes landwyd het daardie gelei dat die situasie met die aanvalle op vragmotors die afgelope 48 uur gestabiliseer het.

7. ‘Grosjean het dood net-net vrygespring’

Die F1- mediese beampte Ian Roberts sê dit was soos ’n bakoond toe hy Romain Grosjean te hulp gesnel het. Foto: AP

Dit was so hittete of Romain Grosjean het nie Sondag in Bahrein uit ’n vlammehel ontsnap nie nadat sy Formule Een-renmotor – ná ’n ongeluk in die openingsrondte van die Grand Prix daar – aan die brand geslaan het.

8. Familielid en vriend vas ná moord op Kaapse vrou

’n Familielid van ’n vrou wat vir die Kaapstad-metro gewerk het, sal Dinsdag in die landdroshof in Bellville op ’n aanklag van moord verskyn. Die man en ’n vriend is Sondag ná speurwerk van speurders verbonde aan die Bellville-polisiekantoor in verband met die moord op Natasjia Geldenhuys (44) in hegtenis geneem.

9. Kalahari-tragedie: Net sand en as oor ná gru-nag

Dit is drie en ’n half maande sedert die Blinkwater Desert Manor Place-lodge omstreeks 01:20 daardie noodlottige Sondagoggend in ligte laaie gestaan het. Die wilde noordewind het die vrolike kinderspoortjies op die rooi duine van Blinkwater vertroostend en met reëntrane uit die hemel weggevee. 

10. Hoe kry Cyril die ekonomiese wa deur die drif?

Pres. Cyril Ramaphosa sal eenvoudig bereid moet wees om moeilike ekonomiese besluite te neem as hy die land uit sy ekonomiese verknorsing wil red, skryf Theuns Eloff.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.