Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 5 April 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 5 April 2021.

1. Dis my reg om geding te hanteer soos ek goeddink – Zuma

Oudpres. Jacob Zuma hou vol hy sal eerder tronk toe gaan as om voor ’n “gekompromitteerde en verpolitiseerde” Zondo-kommissie óf regbank te swig.

“Ek sal ook nie soos julle die goedkeuring soek van die magte agter witmonopoliekapitaal nie. Ek tart nie die ANC uit nie, maar dis my reg om my regsgeding te hanteer soos ek goeddink.”

2. De Kock-truuk: Geen reël oortree, glo witjasse

Temba Bavuma, Lungi Ngidi, Rassie van der Dussen en Tabraiz Shamsi wens Quinton de Kock geluk nadat Pakistan se Fakhar Zaman met sy telling op 193 uitgehardloop is ná slim floustaktiek deur die Suid-Afrikaanse paaltjiewagter. Foto: Getty Images

’n Krieketstorm het om Quinton de Kock losgebars ná ’n “stukkie slim krieket”, soos sy kaptein, Temba Bavuma, dit beskryf het, in Sondag se tweede eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan.

Tog voel die skeidsregters De Kock het nie enige reëls van die spel oortree nie, verneem Netwerk24.

3. Bank met R38 m. beboet oor ‘geldwassery’

Die Reserwebank het twee reuse in die finansiële dienste beboet omdat hul maatreëls om geldwassery te voorkom, “swakhede” bevat.

4. Suez-skip: 1ste hofsaak gebring

Die ondersoek na hoekom die reusevragskip Ever Given skuins gedraai en vasgesit het in die Suezkanaal is nog nie eens klaar nie of die hofsake het begin. Business Insider berig die mede-eienaars van die Ever Given, die Japanse maatskappye Luster Maritime en Higaki Sangyo Kaisha, het in Brittanje ’n hofsaak teen Evergreen Marine Corporation aanhangig gemaak. Evergreen, ’n Chinese maatskappy, bedryf die skip.

5. KYK: Lof vir Kolbe ná hy vullis op veld optel

Cheslin Kolbe word vir sy nederige optrede geprys. Foto: Getty Images

Die Springbokster Cheslin Kolbe het die rugbywêreld weer gaande ná Toulouse se Kampioenebeker-oorwinning teen Munster die afgelope naweek.

6. Novak se pa: ‘Fed goeie kampioen, nie goeie mens’

Novak Djokovic se pa, Srdjan, draai nie doekies om as dit kom by Roger Federer nie en sê die wenner van 20 Grand Slam-titels is ’n goeie kampioen, maar nie ’n goeie mens nie.

7. Einde van Covid-19: Moet nie te gou opgewonde raak

Dit is feitlik onmoontlik om afgeronde en finale eindes van pandemies te bepaal of te voorspel, skryf Agnes Arnold-Forster.

8. Vermoorde argitek ‘gefrustreerd met stadige, swak bouwerk’

Die vermoorde argitek van Bloemfontein, Francois Roodt.

Die vermoorde Francois Roodt van Bloemfontein was voor sy dood erg gefrustreerd met die stadige vordering en swak werk met die opgradering van die polisiekantoor in Wesselsbron.

Hy was die argitek van die projek. Vriende, kollegas en familie glo daar is ’n verband tussen sy sluipmoord en dié projek van R5,3 miljoen. Wat presies dit is, weet hulle egter nie.

9. 30 muishonde ry saam vir vinnige kuier in Pretoria

Die eerste wat André Roux van die verstekelinge in sy BMW X5 bewus geraak het, was toe hy by sy huis stop. Skielik het dit om hom krioel van die muishonde.

10. Egpaar was na troue op pad toe hul sterf in ongeluk

Die egpaar van Brakpan wat Donderdagoggend in ’n grubotsing in die Noord-Kaap dood is, was op pad na Namibië om ’n troue by te woon. 

Ben (66) en Koba (64) Mostert se dogter, Heleen du Preez, sê haar ouers sou haar oom se troue in Namibië bywoon.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.