Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Maandag 6 April 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Maandag 6 April 2020. 

1. Dís impak van 21 dae inperking op ekonomie – Resbank

Selfs as die staat van inperking net 21 dae duur, kan meer as 370 000 mense hul werk in die formele sektor verloor en kan 1 600 ondernemings bankrot speel. Daarby gaan dié drie weke -2,6% tot ekonomiese groei vir die jaar bydra. Dis die voorlopige voorspellings van die Reserwebank, wat Maandag sy halfjaarlikse oorsig oor monetêre beleid uitgereik het. 

2. Net 57c tussen die rand en R20 per dollar

Die rand het vroeg Maandagoggend effens kop opgetel teenoor die dollar en tot R19 verstewig. Dit kom nadat dit vroegoggend ’n nuwe rekord-laagtepunt van R19,43 teenoor die Amerikaanse geldeenheid bereik het.

3. Soveel verloor staat oor sigaretverbod

Die verbod op sigaretverkope tydens die staat van inperking gaan die staat na raming sowat R1,3 miljard aan aksynsbelasting op sigarette kos. Die Suid-Afrikaanse filiaal van British American Tobacco sê hy moes sy plaaslike fabriek sluit toe die inperking begin het. Geen voltooide sigarette word ingevoer nie.

4. Folau miljoene kwyt as Rugby Australië vou

Die afgedankte Wallaby Israel Folau word deur nog ’n dilemma in die gesig gestaar indien Rugby Australië (RA) weens die impak van die Covid-19-pandemie insolvent verklaar word. 

5. Hofstryd dreig oor 2 Modimolle-dokters in isolasie

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) het met ’n regsproses begin nadat twee dokters van Modimolle in Limpopo wat positief vir Covid-19 getoets het teen hul wil in isolasie na die TB-hospitaal in dié dorp gevat is.

6. Só pak Afrika die virus saam – Ramaphosa

Meer as 7 800 mense in 50 Afrika-lande het al positief vir die koronavirus getoets, sê pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste nuusbrief.

7. Net dié boere met staat se hulpprogram gehelp

Die R1,2 miljard wat die regering beskikbaar gestel het om die landboubedryf tydens die staat van inperking as gevolg van die Covid-19-pandemie te help, sal hoofsaaklik gebruik word om opkomende kleinboere te help.

8. Skade aan Metodistekerk ‘onbegryplik’

'n Walglike gemors. Dít is hoe eerw. Alan Storey van die Metodistekerk op Groentemarkplein Maandag die toneel beskryf het waar sowat 400 vlugtelinge verwyder is nadat hulle maande lank die kerkgebou beset het

9. LUISTER: Sakelui staan saam teen Covid-19

Skaars ses weke terug het 'n groep sakelui gesit en wonder oor die moontlike impak van Covid-19 op Suid-Afrika en dadelik begin planne maak om as 'n eenheid hulp te verleen. Stavros Nicolau van Besigheid vir Suid-Afrika is een van die wat die voortou geneem het.  

10. Rupert-geld: Rente eers ná jaar gehef op lenings

Geen wins gaan gemaak word uit die bestuur van die donasie van R1 miljard van die sakeman Johann Rupert se familie om kleinsakeondernemings tydens die koronaviruspandemie te help oorleef nie.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.