Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories op Maandag 19 Augustus 2019

Hier is Netwerk24 se 10-moet-lees-storie vir Maandag 19 Augustus 2019. 

20190819 Netwerk24 Zak Valentine (34), Cecilia St
Zak Valentine (34), Cecilia Steyn (38) en Marcel Steyn (21) nadat hulle in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis is. Foto: Deaan Vivier

1. Só is 6 Krugersdorp-moordenaars gestraf

Die Krugersdorpmoordbende, Cecilia Steyn, Zac Valentine en Marcel Steyn is Maandag swaar gestraf vir die afspraakmoorde.

* KYK:  Trane verligting ná vonnis van Krugersdorp-moordenaars

KYK: Hiérvoor is Cecilia gestraf

KYK: Oomblik toe Cecilia hoor wat is haar straf

* Dit was 'n smeerveldtog teen my kind, sê Cecilia se pa

2. Topspeurder huil ná klag van strafbare manslag

Die topspeurder wat bekendheid verwerf het nadat hy die vermoorde Matie-student Hannah Cornelius se moordenaars help vang het en ook Henri van Breda en Jason Rohde help vastrek het, het Maandag in die hof in Franschhoek verskyn nadat hy glo die naweek sy kollega in die kop geskiet het.

3. Dis hoekom Checkers se stelsels gelol het

Die supermarkgroep Checkers se stelsels was Maandag etlike ure van lyn af en kopers het in sak en as by kasregisters gestaan waar hulle vir geen inkopies kon betaal nie. 

4. Steinhoff nou slegs 99c per aandeel werd

Die beleërde kleinhandelaar Steinhoff se aandeelprys het Maandag die laagste vlak nóg – net 99c – getref.

5. 2 vermiste SA’ners in Viëtnam se organe dalk geoes

Die twee vermiste Suid-Afrikaners in Viëtnam pas by ’n patroon wat hulle moontlik slagoffers gemaak het van mense wat organe oes, sê Imtiaz Sooliman, stigter van die Gift of the Givers.

* Dit was fout om met Amerikaner bevriend te raak, sê een van vermistes

6. Jagter te swak om geskuif te word

Die beroepsjagter van Limpopo wat verlede week deur ’n buffelbul met sy horings deurboor is, is steeds in ’n bedenklike toestand in die staatshospitaal in Polokwane.

7. KYK: Begrafnis gehou vir gletser wat ‘dood’ is

Dit was ’n begrafnis soos menige ander – met gedigte, oomblikke van stilte, politieke toesprake, diepe hartseer – maar dit was vir ’n gletser. Die eerste slagoffer in sy soort weens aardverwarming.

8. Kind wat stom is ná pa se dood, met ma herenig

Die sewejarige meisie wat stom gelaat is nadat haar pa Vrydag voor haar oë in ’n motorongeluk dood is, is met haar ma herenig.

9. Plaasaanvalle: Die misdaad wat wit én swart laat bloei

In hierdie reeks van ses artikels kyk Willemien Brümmer in diepte na dié aanvalle wat hele gemeenskappe uitmekaarskeur en uniek aan ons wye en droewe land blyk te wees.

Prins Andrew het Sondag in ’n verklaring gesê hy is met afsku vervul oor die aantygings teen sy eertydse vriend Jeffrey Epstein. Foto: Getty Images

10. Prins Andrew gooi wal oor Epstein-gerugte

Prins Andrew, midde-in ’n skandaal oor sy vriendskap met die veroordeelde seksoortreder en miljoenêr Jeffrey Epstein, het in 'n sterk bewoorde verklaring homself gedistansieer van sy eerstydse vriend en dié se beweerde oortredings. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.