Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories vir Donderdag 10 Oktober 2019

Besige dag? Voor jy jou skoene uitskop om die aand te geniet, haal eers met die dag se 10 belangrikste nuusgebeure in.

1. Koos skryf oor Mooinooi- moorde in brief voor selfdood

Koos Strydom het voor sy dood twee briewe geskryf. Een was aan sy vrou, Mercia. Die ander een bevat “die waarheid van die dood van die twee vroue”

2. RWB: 2 wedstryde weens tifoon gekanselleer

Die organiseerders van die Wêreldbeker-toernooi in Japan het Donderdag twee groepwedstryde wat Saterdag sou plaasvind afgestel weens die bedreiging wat die tifoon Hagibis inhou.

Die Suid-Afrikaner Brian Steven Smith is in Anchorage in die Amerikaanse deelstaat Alaska in hegtenis geneem. Foto: AP Images

3. SA man vas in Alaska – video's wys hoe vrou sterf

’n Geheuekaart wat ’n vrou in Anchorage in Alaska, Amerika, opgetel het waarop daar ’n video van ’n moord is, het gelei tot die inhegtenisneming van ’n SuidAfrikaner wat sedert 2014 daar woon.

4. Ma, dogter wreed aangeval in ‘veilige’ Durbanville-buurt

Die gemeenskap van die “eens stil en veilige” woonbuurt Valmary Park in Durbanville is geruk nadat ’n inwoner en haar dogter Dinsdag helder oordag met ’n koevoet aangeval is terwyl hulle gaan stap het.

5. Moody’s nou negatief oor Transnet se toekoms

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het die vooruitsig vir Transnet se kredietgradering tot negatief verander.

Transnet se steenkoolterminus in Richardsbaai.Foto: Argief
Neil Sandilands het ’n groot rol in ’n rolprent teenoor Tom Hanks losgeslaan.

6. SA akteur gaan teenoor Tom Hanks speel

Die Suid-Afrikaanse akteur Neil Sandilands het ’n rol in ’n rolprent met Tom Hanks in die hoofrol losgeslaan.

7. ‘Blasers laat All Blacks toe om te verneuk’

Nieu-Seeland word as “siniese verneukers” beskryf en die All Blacks se kaptein, Kieran Read, geniet “diplomatieke immuniteit” in die Wêreldbekertoernooi in Japan

8. Man loop 4 jaar met haartangetjie in sy penis

’n 22-jarige man het mediese hoofopskrifte gehaal nadat ’n 8 cm lange haartangetjie uit sy uretra gehaal is – vier jaar nadat dit daar beland het.

9. Groot rasse-eis teen Cheetahs-firma en oudblaser

’n Beweerde rassevoorval in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein het daartoe gelei dat ’n eis van meer as R1,1 miljoen teen die Vrystaatse Rugbyunie, die Vrystaat Cheetah-maatskappy en ’n voormalige bestuurder van die skeidsregters in die provinsie ingestel is.

10. Vermiste onderwyser in Viëtnam glo gesien

Die man van Kaapstad wat al sedert die begin van Julie vanjaar in Viëtnam vermis word, se familie is hoopvol dat hulle hom gaan kry nadat iemand hom glo herken het.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.