Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories vir Vrydag 31 Julie 2020

Hiermee die 10 moet-lees-stories vir Vrydag 31 Julie 2020 

1. OORSIG: Misdaadsyfers: Moord en roof styg 8 jaar in 'n ry

Die jaarlikse misdaadstatistieke vir die afgelope boekjaar is vanoggend uitgereik deur die minister van polisie, Bheki Cele. 

Bheki Cele Foto: SON


2. Skerp draai dalk rede vir Anika (16) se vliegongeluk

Voordat die Piper PA-28-180 Cherokee op 30 Junie naby die Onderstepoort Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal met Anika de Beer (16) neergestort het, het dit skerp gedraai.

3.21 mjd. minder sigarette van BAT gerook dié jaar

Verkope van Dunhill-sigarette het in die eerste ses maande tot Junie met 19% geval, deels weens die impak van die verbod op verkope in Suid-Afrika.

4. 2de golf Covid-19 sal SA ekonomie ‘aan flarde skeur’

Om ’n grootskaalse ekonomiese krisis ná die Covid-19-pandemie af te weer, moet Suid-Afrika “so gou as moontlik” begin met strukturele hervormings.


5.Zondo sit voet dwars, regter móét kom getuig

Tintswalo Makhubele, die Pretoriase regter wat deur adjunkhoofregter Raymond Zondo beveel is om Maandag voor die Zondo-kommissie te getuig, het Vrydag in ’n geskrewe aansoek vergeefs probeer om haar getuienis uit te stel.



6.Wayde opgewonde oor terugkeer in Italië

Die atletiekwêreld gaan regop sit wanneer Wayde van Niekerk Saterdag in Trieste, Italië, die eerste keer in bykans drie jaar buite Suid-Afrika in die blokke sak.



7.Fliekkanale op DStv gesnoei

DStv gaan sy aanbod fliekkanale verminder, het die betaaltelevisiediens Vrydag aangekondig.


8.Stropery daal in 1ste helfte van die jaar met 53%

Renosterstropery in Suid-Afrika het in die eerste ses maande van die jaar met meer as die helfte afgeneem.


9. Matrikulant van Mthatha publiseer eie digbundel

’n Graad 12-leerling van Holy Cross High School in Mthatha het pas haar eie boek, Tyatyadula Sibalwam, gepubliseer.

10. CR, woorde wek, voorbeelde trek

Een van die frustrasies van politieke waarnemers tydens die presidentskap van Thabo Mbeki was sy weiering om kwessies soos die situasie in Zimbabwe openlik te veroordeel. Mbeki het nie daarin geglo om iets te sê net omdat dit gesê moet word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.