Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 10 Augustus

As jy tans ’n lekker langnaweek geniet of bloot nog net nie by vandag se nuus uitgekom het nie – hier is ’n oorsig van die dag se belangrikste gebeure.

Mnr. X, die man wat beweer hy is een van die bruin seuns wat destyds deur ministers verkrag is. Hy wou nie sy naam bekend maak nie, daarom is sy gesig op die foto onherkenbaar gemaak. Foto: Lulama Zenzile

1. 'Magnus was Oom 2 wat my seksueel aangerand het'

“Ek gaan vir altyd Magnus Malan se duur reukweerder onthou. Dit sit aan my lyf. Dit het toe. Ook nou.” So het mnr. X (44), een van die vermeende slagoffers van die pedofielnetwerk waarvan Magnus Malan, voormalige minister van verdediging, John Wiley, oudminister van omgewingsake, en Dave Allen, ’n duiker en sakeman van Port Elizabeth, glo deel was, Donderdag in ’n stad in die Oos-Kaap gesê.

2. Almal by Woolworths sal deursoek word

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiehoof in KwaZulu-Natal, het dit verwelkom dat Woolworths se klante voortaan deursoek gaan word ná onlangse bomdreigemente by winkelsentrums in en om Durban.

3. ‘Afrikaner moet nou sy nonsens los’

Die Afrikaner is soos ’n verlore seun en hy sal eendag terugkom soos wat die verlore seun na sy pa teruggekom het, het die veteraan-politikus Peter Marais aan Murray La Vita gesê.

4. KYK: Vreemde seewese verstom

’n Vreemde seewese wat op ’n strand in Suid-Viëtnam uitgespoel het, het plaaslike inwoners stomgeslaan met sy ongewone voorkoms. Doe Nam Doe, ’n toergids in die Kien Giang-provinsie, het verlede maand ’n video geneem van die eienaardige bruin-swart seebewoner wat sy honderde tentakels beweeg.

Die nuwe Samsung Galaxy Note 9. Foto: Reuters

5. KYK: Galaxy Note 9 doodskoot vir slegte selfies

Samsung het Donderdag sy jongste vlagskipfoon, die Galaxy Note 9, bekendgestel. Dié foon kreun behoorlik onder al die nuwe, opwindende funksies. Insluitend 'n kamera wat kan optel as jy besig is om slegte foto's te neem.

6. Bus ploeg in PE-gebou in

’n Bus wat Vrydagoggend deur ’n gebou langs die M4 in Port Elizabeth geploeg het, het vir ’n ernstige verkeersopeenhoping gesorg. Die passasiersbus van die Algoa Bus-maatskappy het om 07:00 op die M4 naby die Darlingstraat-afrit gery, toe ’n bakkie direk teen die aankomende verkeer in gery het.

7. Chad, 4 ander van SA kwaliseer

Chad le Clos sal Suid-Afrika se aanslag by die Wêreld-kortbadkampioenskappe in Desember in China lei nadat hy Donderdag een van vyf swemmers was wat op die eerste dag van die nasionale kortbad-kampioenskappe vir dié byeenkoms gekwalifiseer het.

Chad le Clos het vyf medaljes by die Statebondspele verower. Foto: Getty Images

8. Nou is dit Mr. Tekkie vs. Tekkie Town

Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, gaan nou nuwe skoenwinkels begin. Van Huyssteen dreig al sedert hy weg is by Steinhoff Africa Retail (Star), wat Tekkie Town sedert 2016 besit, dat hy dit gaan doen.

9. Uitgewer Koos Human sterf

Koos Human, uitgewer en stigter van Human & Rousseau, is Vrydag oorlede in sy huis in Kaapstad. Hy was een van die grootste geeste in die Suid-Afrikaanse uitgewersgeskiedenis.

10. Kinderverkragter tereggestel ná laaste hamburger

’n Hamburger, uieringe en ’n Pepsi was ’n veroordeelde kinderverkragting se laaste maaltyd voordat hy met dodelike middels ingespuit is. William Ray Irick (59) is die eerste gevangene in byna ’n dekade wat in die Amerikaanse deelstaat Tennessee tereggestel is.

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.