Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 11 Januarie 2019

Dis tyd om skoene uit te skop vir die naweek en gou op die hoogte te kom van die dag se belangrikste nuushoogtepunte.

1. Nog ’n juffrou van Schweizer dalk geskors

’n Tweede graad R-onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke kan dalk geskors word nadat ’n foto wat wys hoe swart en wit leerlinge apart sit op sosiale media ’n rassestorm ontketen het.

markus jooste
Markus Jooste getuig in 2018 voor die parlementêre komitee oor finansies oor die Steinhoff-debakel. Foto: Jaco Marais

2. Markus Jooste se ‘nemesis’ haal weer sy mes uit

Die sukkelende Steinhoff begin 2019 nie op ’n goeie noot nie, en het pas aangekondig ’n belegger het ’n aansoek in ’n hof oorsee gebring om ’n stokkie te steek voor die plan om sy reuse-skuldlas te herstruktureer.

’n Emosionele Andy Murray Vrydag toe hy sy uittrede vanjaar as beroepspeler aankondig. Foto: AP

3. KYK: Murray skok met aankondiging

Andy Murray het Vrydag onthul hy tree vanjaar uit weens erge pyn in sy regterheup, met die Australiese Ope moontlik sy laaste toernooi as ’n beroepstennisspeler.

4. KYK: Plaastwis lei tot woeste skietery; boer, buurman, polisielid dood

’n Skietery laat Donderdagaand op ’n plaas naby Koffiefontein in die Vrystaat het die lewe van drie mense, onder andere ’n polisiebeampte, geëis. Coen Badenhorst (36), ’n boer van die omgewing, het eers sy buurman, Paul Nel (60), doodgeskiet en toe op polisiebeamptes wat by die toneel opgedaag het, losgebrand. 

5. Afleggings: Ford SA kan nog niks sê nie

Twee groot motorvervaardigers het Donderdag aangekondig dat hulle duisende mense in Europa gaan aflê. Ford gaan die produksie van sy C-Maxveeldoelvoertug staak, wat meer as 6 000 mense se werk by ’n fabriek in Saarlouis, Duitsland, raak. Dis glo omdat al hoe minder mense groot motors wil hê weens hul hoër brandstofverbruik.

6. Koos Kombuis: Engels is nie die vyand nie

Dit is heeltemal logies om aan te dring op onderrig in ’n moedertaal. Maar dat hierdie strewe moet gepaardgaan met ’n kulturele fobie teenoor alles wat vreemd is, is ’n gevaarlike tendens, skryf Koos Kombuis.

Demi-Leigh Nel-Peters

7. KYK: Demi-Leigh se knoets!

Demi-Leigh Nel-Peters, gewese Mej. SA en Mej. Heelal, se Amerikaanse kêrel het ’n knewel van ’n verloofring aan haar vinger gesteek. Nel-Peters het die nuus Donderdagaand op haar Instagram-rekening bekend gemaak en ’n foto gedeel van haar aanstaande man wat die groot vraag op sy knieë vra.

8. DBV in Parys self skuldig aan wreedheid

Werkers en komiteelede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Parys is vandeesweek afgedank weens dieremishandeling en wreedheid teenoor diere. Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê in ’n mediaverklaring dat die komitee ontbind is en dat die werknemers vervolg sal word.

9. KYK: Dit gaan weer eishstekend met Neels

Hy het deur ’n tyd van “akute trauma” gegaan, maar is nou besig om nuwe drome te skep, sê Neels van Jaarsveld aan Murray La Vita.

10.  Kyk - Sterk wind vererger brand by Franskraal

Inwoners van Franskraal is Vrydagmiddag versoek om dringend die kusdorpie te verlaat weens 'n erge brand. Die brand by Bettysbaai  het ook weer opgevlam. 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.