Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories: Vrydag 11 Junie 2021

Hiermee die 10 moet-lees-stories op Vrydag 11 Junie 2021.

1. Strenger regulasies nodig vir 3de vlaag, sê kenners

Strenger inperkingsmaatreëls is nodig, “want dinge kan nie so aangaan nie”, sê prof. Jeffrey Mphahlele, adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad.

LEES OOK: 

PIETERMARITZBURG, SOUTH AFRICA - MAY 17: Former SA
Oudpres. Jacob Zuma toe hy sy ondersteuners op 17 Mei vanjaar buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg toegespreek het. Foto: Gallo Images
2. ‘Daar is etniese diskriminasie teen my’ – Zuma

Die hof is verplig om “beslis en behoorlik” te handel met die bewyse dat daar in sy vervolging etnies teen hom gediskrimineer word, voer oudpres. Jacob Zuma aan.

3. Brackenfell: EFF woedend ná man nie aangekla word

Die EFF het ’n amptelike klag teen die polisie in Brackenfell ingedien omdat hulle ’n saak gesluit het waarin een van sy lede aangerand is, maar niemand aangekeer het nie.

4. 100 MW: Wag ’n bietjie, maan Nersa

Nie so haastig nie, het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) Vrydag in ’n verklaring gewaarsku oor die lofsange oor lisensielose kragopwekking van tot 100 MW vir private kragopwekkers.

Shaleen Surtie-Richards
5. Amptelike begrafnis vir Surtie-Richards goedgekeur

Die legendariese aktrise wyle Shaleen Surtie-Richards sal Sondag op ’n amptelike provinsiale begrafnis ter ruste gelê word.

6. Dis hoe dit voel om D.F. Malan se kleinseun te wees

Dr. Francois Malan het dieselfde voorletters en van as sy berugte oupa, dr. D.F. Malan. Tog steun hy die naamsverandering van die Hoërskool D.F. Malan. Hy het aan Willemien Brümmer vertel hoekom ons nie mag blind wees vir die ongelykhede wat ’n direkte gevolg is van die beleid wat sy oupa help vestig het nie.

7. Speler geskors vir rassistiese ooggebaar

’n Serwiese vlugbalspeler is vir twee wedstryde geskors nadat sy ’n rassistiese ooggebaar gemaak het in ’n wedstryd teen Thailand.

sal
Gidon Novick, uitvoerende hoof van Takatso.

8. ‘Nuwe’ SAL: Wie is Gidon Novick?

Gidon Novick is ’n ervare lugdiens-entrepreneur wat die dryfkrag was agter die sukses van Kulula, Suid-Afrika se eerste laekostelugdiens.

LEES OOK: 

9. Covid-19 kelder Stormers, Leeus se stryd

Die Reënboogbeker-wedstryd tussen die Stormers en Leeus wat vir Saterdag gereël was, sal nie meer plaasvind nie, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig.

10. ‘Rooi Gevaar’ word ’n mooi storie

Die vriendskap tussen Afrikaners en Russe dateer van so ver terug as die Anglo-Boereoorlog. Dié band het nooit verbrokkel nie, het twee skrywers bevind. Cheréne Pienaar het nota’s geneem oor hul én ’n “Afrikaanse Rus” se ontdekkings en omswerwinge. 

Silvia Mitova Hutchinson van Bulgarye en die veteraanfotograaf Wessel Oosthuizen. Dié Olimpiese gimnas was verlam ná ’n ongeluk terwyl sy geoefen het, ’n paar maande ná die Olimpiese Spele in 1992, en hy het ’n kritieke rol gespeel om haar in SA te kry, waar sy lewensveranderende chirurgie ondergaan het. Foto: Christiaan Kotza/SASPA
Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.