Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10-moet-lees-stories: Vrydag, 12 Oktober

As jy gereed is om te gaan naweek hou, maar eers moet opvang met die jongste nuushoogtepunte - hier is wat jy moet weet.

Pik Botha

1. Pik Botha in sy slaap dood by huis

Sy pa is Vrydag omstreeks 06:00 in sy slaap in sy huis in Akasia, Pretoria, dood, sê die rocksanger Piet Botha, seun van die 86-jarige oudminister Pik Botha. Lees ook: Pik Botha: ‘Die ouderdom het my nou gevat . . .’ en Evita onthou Pik se 'knypie in die donker' asook FW groet Pik, sy ‘gewaardeerde kollega en vriend’

2. 'Venezuela bankrot ná onteiening', sê Mmusi

Met Venezuela as voorbeeld het die DA Vrydag vergelykings getref tussen dié land se onteieningsbeleid wat sy ekonomie bankrot gelaat het en die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding.

3. Facebook sluit honderde rekeninge

Jy moet in jou pasoppens wees as jy graag vals nuus op Facebook versprei. Dié sosiale netwerk is op die oorlogspad daaroor.

4. 2 bel polisie oor huisbraak; self vas oor perlemoen

’n Man en ’n vrou is Vrydag in die vroeë oggendure weens die onwettige besit van perlemoen by ’n huis in Mowbray, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n huisbraak-klagte gereageer het.

Francois Beukman. Foto: Jaco Marais

5. Polisie moet hul ‘sokkies optrek’

Statisitieke Suid-Afrika (SSA) se jongste meningspeiling oor slagoffers van misdaad is ’n duidelike wekroep dat die polisie sigbaarheid in gemeenskappe drasties sal moet opskerp.

6. Bolt blits doelnet toe

Die naelloper Usain Bolt het Vrydag sy eerste doele vir ’n beroepsokkerspan aangeteken toe hy twee keer die agterkant van die net gevind het.

7. Afspraakmoorde: ‘Ek wou my kop wegblaas met dwelms’

Le Roux Steyn (22) het probeer om sy kop “met dwelms weg te blaas” so “traumaties” was sy omstandighede.

8. Prinses Eugenie-troue: Gaste se topuitrustings

Talle bekendes het die bruilof van prinses Eugenie en Jack Brooksbank bygewoon.

9. Ja, KPMG kán vervolg word vir VBS, sê Irba

Ouditfirmas kan inderdaad aanspreeklik gehou word vir geld wat verlore gaan as hul werknemers nie hul ouditwerk behoorlik doen nie.

10. KYK: Dit is wat Patricia vir Dan Plato gesê het

Dan Plato sal katvoet moet loop om die Machiavelliaanse magspel in die DA-koukus te ontlont, het sy voorganger, Patricia de Lille, vir hom gesê. Willemien Brümmer het met die volgende burgemeester van Kaapstad gepraat.

 

Meer oor:  10 Moet-Lees-Stories
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.