Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
10 moet-lees-stories Vrydag 13 Desember 2019

Hiermee die moet-lees-stories op Vrydag 13 Desember 2019. 

1. Bendebaas Staggie dood in koeëlreën voor sy huis

’n Familielid van Rashied Staggie (in die rooi-en-wit hemp) by die kar waarin hy Vrydagoggend in Londonweg in Soutrivier, Kaapstad geskiet is. Foto: Jaco Marais

Rashied Staggie, stigterslid en leier van die berugte Hard Livings-bende in Kaapstad, is Vrydag in Londonweg in Soutrivier doodgeskiet, op dieselfde plek waar Pagad-lede sy tweelingbroer, Rashaad, in Augustus 1996 geskiet en lewend aan die brand gesteek het.

2. Liam (2) se pa tot lewenslange tronkstraf gevonnis

Nantes Nortjé (48) is Vrydag lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Bloemfontein opgelê weens die moord op sy tweejarige seun, Liam.

3. Boris: G’n asse of maars nie, Brexit kom

Boris Johnson, leier van die triomfantlike Konserwatiewe Party (Tories), het belowe hy sal dag en nag werk om Britse kiesers tevrede te stel nadat hy die party tot ’n geskiedkundige oorwinning gelei het. 

4. Discovery mag nie meer sê jy kry iPhone ‘verniet’

Discovery mag nie meer in advertensies aandui dat diegene wat by sy nuwe bank aansluit, ’n iPhone gaan ontvang nie.

5. Smit-moorde: Slagoffer se bloed op beskuldigde se klere

Boeta Smit (69) se bloed is gevind op die T-hemp en broek van die man wat daarvan aangekla word dat hy hom doodgeslaan het tydens ’n rooftog in Potchefstroom.

6. OB wil appèlhof toe ná nog ’n bloedneus

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), wil haar nou tot die appèlhof wend nadat sy ’n tweede keer in die hof bloedneus gekry het oor haar verslag oor die Vrede-suiwelprojek.

7. Stappe kom teen onderwysers wat seksvoorligting weier

Onderwysers wat weier om seksvoorligting in klaskamers aan te bied sal dissiplinêr vervolg word. Dit was Donderdag Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se skriftelike reaksie op ’n parlementêre vraag van die DA-parlementslid Nomsa Marchesi.

8. Groot oorwinning vir mense met skuld

In ’n oorwinning vir mense met korttermynskuld het die hooggeregshof in Kaapstad Vrydag duidelik uitgespel hoe die Nasionale Kredietwet toegepas moet word.

9. Charlize wys per ongeluk meer as net been

Charlize Theron at a screening and Q&A for new fil
Charlize Theron Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron was Woensdagaand so opgewonde dat sy per ongeluk meer gewys het vir ’n vertrek vol mense as wat sy wou. 

10. Swart afrigters ‘uitgesluit’ , sê Treu

’n “Tekort” aan rugbyafrigters van kleur wat op topvlak in Suid-Afrika afrig, is ’n “nasionale probleem”, sê Paul Treu, ’n voormalige afrigter van die Blitsbokke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.